Blog

Besigheid in die kollig: Rawson

Besigheid in die kollig: Rawson

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

‘N BESIGHEID IN DIE KOLLIG:
RAWSON PROPERTIES CAPE AGULHAS

Om ʼn besigheid te begin, te bedryf en te laat slaag, is nie vir bangbroeke nie. In 'n artikel wat deur Sanlam gepubliseer is toon internasionale statistiek dat 40% van alle nuwe besighede binne die eerste jaar misluk en 80% binne die eerste 5 jaar; en 80% van diegene wat die eerste 5 jaar oorleef, misluk binne die tweede 5 jaar. Dus is slegs 4% van nuwe besighede na 10 jaar suksesvol. In Suid-Afrika verloop sake ook nie anders nie - Sanlam reken dat ons mislukkingskoers selfs hoër kan wees. 'n Natuurlike entrepreneur en besigheidsman of -vrou aanvaar nie “nee” vir 'n antwoord nie en verloor nooit moed nie. As jy dalk struikel staan jy net eenvoudig weer op. Uitdagings is nie vir jou 'n probleem nie en jy sal alles moontlik doen om bo uit te kom. Waar ander dalk agteroor sal sit nadat hulle hul teiken gehaal het, is jy reeds besig om vir die volgende rondte voor te berei. 

Die Overberg Business and Lifestyle Magazine het by so 'n entrepreneur op Struisbaai gaan besoek aflê. Marthie Jones is die trotse eienares van Rawson Cape Agulhas. Sy het kantore op Struisbaai en Napier en is hierdie jaar al 20 jaar in die Eiendomsbedryf. Sy vertel hoe sy haar beroepslewe met 'n Lisensiaat Diploma in Handelsbankwese in 'n Bank begin het, maar altyd die droom gehad het om haar eie Eiendoms-agentskap te besit. Hierdie droom is aangeblaas deur haar liefde vir mense. Mense se verskillende smake wat in hul tuistes gesien kan word, interesseer haar.  

Sy begin haar loopbaan in die eiendomsmark in 1999 by Homenet. Die heel eerste huis wat sy verkoop is die van Paul Parsons en Folie Malherbe. In 2008 begin sy haar eie Eiendomsagentskap – Zoetendal Eiendomme - en haar heel eerste transaksie is weer met Paul en Folie, twee mense wat daarna vir altyd haar vriende sou bly. Sy hanteer oor die jare vyf verskillende transaksies vir Paul en Folie.

In 2013 besluit Marthie dit is tyd vir vernuwing en verander Zoetendal Eiendomme na Rawson Eiendomme, 'n gewaagde skuif maar 'n goeie ene. Sy het haar “Master Practitioner in Real-Estate” reeds in 2013 verwerf, en spog met 'n hele muur vol sertifikate en toekennings. Platinum is nou in haar visier. In 2018 verwerf sy “Silver Club member for exceptional performance in Franchise Management”.

UNIEKHEID

Rawson Cape Agulhas is uniek omdat dit die heel eerste agentskap is wat jy sien soos jy Struisbaai binne ry. Deur hul waardes van eer-likheid en toegewyd-heid word sterk bande met kliënte gesmee wat die kliënte weer en weer laat terug kom en ook met selfvertroue hulle vriende en ken-nisse na Rawson Cape Agulhas laat verwys. By Rawson kry jy uitstekende kliëntediens; by hulle is niks te veel gevra nie. 

MOTIVERING EN ADVIES

Marthie glo dat jy nie op jou omstan-dighede moet staatmaak om jou te motiveer nie. Motivering kom van positiewe denke en geloof in jou vermoë om die taak voor jou te kan uitvoer. Moet nooit moed opgee nie, gaan net aan. As jy gaan lê kyk jy darem in die regte rigting…boontoe, staan dan net weer op, sê sy met 'n laggie. Onthou altyd dat jou personeel jou beste bate is. Jy kan nie 'n suksesvolle besigheid bedryf as jy nie na jou personeel kyk nie. Wees ten alle tye eerlik, jou verhouding met jou kliënte is uiters belangrik. Wanneer jy konflik hanteer is dit belangrik om altwee die kante van die saak te hoor. Bly kalm en moet nooit jou stem verhef nie. Interne probleme mag ook nooit voor kliënte bespreek word nie.

Besigheid in die kollig: Rawson

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

It is common to say things like "You make me angry," "You make me feel sad," or "You make me uncomfortable."

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Get ready to travel with ease! Dupp’s Transport has you covered with our range of services tailored to suit groups of all sizes.

Dupp’s Transport
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Creative Notions
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Bernina Overberg
See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai