Veiligheidsgesprek: Brand Veiligheid
Ons lees of hoor dikwels van brande wat werksplekke, huise en woude vernietig en mense / diere beseer of dood maak. Vure begin met die regte kombinasie van hitte, brandstof en suurstof. Selfs die kleinste brand kan skade veroorsaak.
Wat is op die spel?
Brande veroorsaak verlies/skade in die vorm van:
- Eiendom verlies of skade - dit beteken dat jy jou werk kan verloor as jou maatskappy afbrand tot op die grond.
- Kriminele oortreding - jy kan skuldig bevind word aan strafbare manslag as jy ‘n brand begin het, waar mense dood is.
- Beserings - jy kan ernstige brandwonde of ander beserings aan mense veroorsaak en aangekla word vir nalatigheid.
- Omgewing verlies of skade - jy kan skuldig bevind word aan die verlies van natuurlike hulpbronne, bome, plante, diere ens.
Wat is die gevaar?
- Jou maatskappy kan dalk toe maak en jy en jou mede-werkers kan julle werk verloor.
- Jou maatskappy kan nie in staat wees om met produksie voort te gaan vir ‘n lang tyd nie en jy en jou mede-werkers op ‘n “short time” gesit word– tot die skade herstel is.
- Dit kan jou dood kos.
- Jy kan erg verbrand, wat letsels of permanente skade (soos die verlies van ‘n arm of been) kan veroorsaak.
Hoe om jouself te beskerm
Hier is vyf dinge wat jy moet weet:
- As jy rook, maak seker dat jy jou sigaret dood maak en in ‘n asbak gooi.
- Moet nooit rook in ‘n gebied waar daar ‘n kombinasie van hitte, brandstof of suurstof is nie.
- Moet nooit ‘n olierige lap naby enige iets plaas wat hitte genereer nie. Die kombinasie van die olierige lap (brandstof) en die hitte van die masjien, kan ‘n vuur begin.
- Moenie papier of lêers naby elektriese kabels stoor nie.
- Vra jouself altyd die vraag: kan hierdie situasie ‘n vuur begin?