Blog

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Dr. Odette Curtis-Scott

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Dr. Odette Curtis-Scott

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Dr. Odette Curtis-Scott

Woorde en Foto’s: Ina Georgala

Dr. Odette Curtis-Scott - Renosterveld Bewaarder

Dr. Odette Curtis-Scott het al op wêreldverhoë gepraat oor haar passie en lewenswerk: die bewaring van die laaste 5% van die Overbergse Renosterveld. Sy staan sedert 2012 aan die stuur van die Overberg Renosterveld Bewaringstrust (ORCT), 'n nie-winsgewende organisasie wat spesiaal geskep is om te verseker dat hierdie hoogs bedreigde habitat vir ons nageslag bewaar bly.

Odette is gou om te erken dat sy nie op 'n konvensionele manier 'n eko-stryder geword het nie. “As kind het ek baie dokumentêre oor die natuur op TV gekyk. Dit het iets in my wakker gemaak en ek het toe reeds besluit dat ek nie met toe oë vir die verval van ons omgewing deur die lewe kan gaan nie, maar dat ek daadwerklik iets daaraan moet doen.” Na skool het sy eers 'n B.Tech in natuurbewaring gedoen. “Ek het nie in daardie stadium 'n spesifieke passie gehad nie en het toe meer op omgewingsbestuur konsentreer,” vertel sy. Intussen het sy met valkejag (falconry) te doene gekry, wat weer 'n belangstelling in roofvoëls en hulle habitat wakker gemaak het. 

Terwyl sy haar meestersgraad in dierkunde by UCT voltooi het, het sy navorsing oor die witkruisvleivalk (black harrier) gedoen en so met die Overberg se Renosterveld kennis gemaak. Na haar meestersgraad wou Odette nie 'n akademikus word nie en het sy 'n jaar se befondsing gekry om fisante in die Renosterveld te bestudeer. Sy het ook 'n navorsingsprojek oor brandbestuur in Renosterveld vir CapeNature gedoen. Teen 2012 was sy passievol by die voortbestaan van Suid-Afrika se mees bedreigde habitat betrokke en het sy besluit om 'n organisasie vir die bewaring daarvan te stig. “Ek glo vas dat ons meer vir bedreigde spesies kan doen as ons hul natuurlike habitat kan bewaar. Die Renosterveld is so 'n uitgestrekte landskap met soveel faktore wat teen dit tel en so min mense wat dit wil bewaar. Dit is steeds die weeskind van fynbosbewaring omdat mense so baie wanopvattings oor die waarde van Renosterveld het.” Tog is die meeste bolplante op aarde in die Renosterveld aangeteken, met honderde ander bedreigde plant- en dierspesies wat net in die klein lappies onversteurde Renosterveld voorkom. Min mense weet ook dat die Renosterveld die grootste diversiteit van plantspesies op die aardbol huisves - en dat kommerwekkende stukke daarvan elke jaar in die slag bly wanneer dit vir landerye omgeploeg word of deur indringerplante oorgeneem word. Tog kan Odette en haar gedugte span by die ORCT met reg trots wees op wat hulle in 8 jaar vermag het. Amper 3 000 hektaar ongeskonde Renosterveld is al deur spesiale bewaringsooreenkomste met grondeienaars vir die nageslag bewaar. Onder die vaandel van die ORCT word daar ook voortdurend navorsing oor hierdie kosbare habitat gedoen, onder meer by die Haarwegskloof Renosterveld Reservaat buite Bredasdorp. As deel van haar navorsingwerk het Odette al verskeie nuwe plantspesies identifiseer, waarvan twee na haar vernoem is. Haar navorsingswerk het Odette ook 'n doktorsgraad in plantkunde aan UCT besorg. In 2014 het sy die Suid-Afrikaanse Botaniese Vereniging se blombewaringstoekenning asook die CAPE Fynbos Bewaringstoekenning vir haar bewaringswerk ontvang. Die hoogtepunt van haar werk is egter die eerste veldgids tot die Overberg se Renosterveld wat eersdaags vrygestel gaan word. Sy en haar entoesiastiese span medewerkers het 5 jaar aan “Field Guide to Renosterveld of the Overberg” gewerk, waarin 980 plantspesies en 140 dierspesies opgeteken is. “My wens vir hierdie veldgids is dat dit die mense wat die toekoms van die Renosterveld in hul hande hou, se oë vir die wonder daarvan sal oopmaak. En dat almal wat hierdie ryk ekosisteem wil verken, se ervaring daardeur verryk sal word. Daar wag nog so baie ontdekkings op ons!” Die stryd om die voortbestaan van die Overberg se Renosterveld is nog nie gewen nie, sê Odette. Een ding is egter verseker: met passievolle mense soos Dr. Odette Curtis-Scott aan sy kant, het hierdie kosbare hoekie van die wêreld beslis 'n beter kans op oorlewing.

"Every great dream begins with a dreamer. Always remember, you have within you the strength, the patience, and the passion to reach for the stars to change the world." - Harriet Tubman

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Dr. Odette Curtis-Scott

Ina Georgala

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

It is common to say things like "You make me angry," "You make me feel sad," or "You make me uncomfortable."

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Get ready to travel with ease! Dupp’s Transport has you covered with our range of services tailored to suit groups of all sizes.

Dupp’s Transport
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Creative Notions
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Bernina Overberg
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai