Blog

Nuwe Restaurant 'n Aanwins vir Struisbaai - Catch Cook

Nuwe Restaurant 'n Aanwins vir Struisbaai - Catch Cook

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

Nuwe Restaurant 'n Aanwins vir Struisbaai - Catch Cook

Catch Cook Restaurant & Beach Bar in Struisbaai Hawe is op Vrydag 13 Desember 2019 geopen. Overberg Business and Lifestyle Magazine se Eloïse Krige was daar om die nuwe eetplek te beproef. Hier is haar indrukke:

Ek moet Catch Cook Restaurant & Beach Bar gelukwens, want om so 'n groot projek in drie maande te voltooi en van stapel te stuur kon nie maklik gewees het nie. Nie net was dit 'n uitdaging om die bouwerk klaar te kry en al die lisensies in plek te kry nie, maar ook om nuwe personeel op te lei, resepte saam te stel en uit te probeer. Sjoe, ek haal my hoed af vir julle! Julle het sowaar die spreekwoordelike haas uit 'n hoed getrek.

Die 600-sitplek restaurant het binne en buite plek waar gaste hulle kan tuismaak terwyl hulle met hul voete in die sand, 'n verfrissende drankie in die hand, oor die turkoois water kan uitkyk en die plaaslike vissermanne dophou wat hulle daaglikse take verrig. Struisbaai is bekend vir die pylsterte wat lui-lui in die hawe rondkuier, 'n besonderse gesig wat lank in die geheue bly. Ek het al self vyf van hulle op een slag in die hawe gesien. Die omgewing is regtig pragtig en net 'n besoek sal werklikwaar waardering vir die besonderse ligging van die restaurant kan gee. Die restaurant self spog met pragtige dekor en kunswerke. Plaaslike fotograwe se foto's pryk ook teen die mure en alles is stylvol en pas mooi by die omgewing in. 

Die vakansieprogram by Catch Cook is gekenmerk deur optredes van bekendes soos Bok van Blerk, Valiant Swart en Albert Frost.  Vir die jonges wat hou van “rap”, was Biggy daar. Daar was selfs hoëspoed bootritte vir dié wat van adrenalienbelaaide ervarings hou. Besoekers kon verder op eko-bootritte gaan, visvang en kajak ry. Die eienaar van Catch Cook Restaurant & Beach Bar was ook die hoofborg van die Aquila Safari Trans Agulhas Challenge. Benewens die kontinentale en buffet ontbyte wat slegs tydens die vakansie beskikbaar was, was die á la carte middagetes en aandetes beslis die proe werd. Catch Cook fokus op seekos, maar die algemene gunstelinge soos burgers, steak en ribbetjies is ook beskikbaar. Daar is vegetariese opsies en die restourant is Halaal vriendelik. Die seekosborde met diepgebraaide stokvis, mossels, garnale, kreefsterte, kalamari, rys en skyfies met tartare sous, het beslis my aandag getrek. 

Die restaurant is ook geskik vir korporatiewe geleenthede en jaareindfunksies. Die enorme spasie maak groot familie-etes moontlik en daar kan sommer 'n spogtroue hier aangebied word! Hierdie lokaal maak beslis voorsiening vir alle lede van die gesin. Die jongspan het hulle eie geregte op die spyskaart waarvan hulle kan kies. Terwyl die ouers lekker kuier, kan die kinders die buite-speelarea, sandput en natuurlik die enorme seerower springkasteel geniet. In die winter gaan daar selfs 'n binnenshuise speelarea wees.

Vir die winter wat voorlê, beplan Catch Cook reeds kaggels wat 'n snoesige atmosfeer sal skep terwyl die groot glasvensters die winterweer buite sal hou. Alhoewel die restourant in Desember as 'n selfdiens restaurant funksioneer het, sal gaste voortaan deur kelners by hul tafels bedien word. Ons kan ook uitsien na 'n sushi rondomtalie en pizza vars uit die pizza-oond! Catch Cook sal voortaan samewerking tussen hulself, toeroperateurs en plaaslike besighede bewerk-stellig waar kommissie op verkope verdien kan word. Dit sal ook volhoubaar-heid ondersteun.

Catch Cook wil graag al die besighede en individue wat hulle hierdie seisoen ondersteun het, hartlik bedank. Hulle is 7 dae van die week vanaf 09:00 tot 21:00 oop.

Nuwe Restaurant 'n Aanwins vir Struisbaai - Catch Cook

Guest Writer

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

It is common to say things like "You make me angry," "You make me feel sad," or "You make me uncomfortable."

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Get ready to travel with ease! Dupp’s Transport has you covered with our range of services tailored to suit groups of all sizes.

Dupp’s Transport
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Creative Notions
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Bernina Overberg
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai