Blog

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Gretha Engelbrecht

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Gretha Engelbrecht

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Gretha Engelbrecht

Woorde en Foto’s: Ina Georgala

Gretha Engelbrecht - Omgewingsopvoedkundige

Dis nou maar 'n waarheid van die moderne lewe dat hedendaagse kinders en volwassenes ver verwyder is van die natuur. Oud-onderwyser Gretha Engelbrecht het 12 jaar gelede besluit om haar passie vir die natuur te gebruik om 'n verskil in die lewens van die Overberg se kinders te maak. Onder die vaandel Bio Explore gee sy klas in omgewingskunde by landelike laerskole in die Theewaterskloof, Swellendam en Kaap Agulhas distrikte. Sy is ook 'n gewilde spreker by 'n groot verskeidenheid van organisasies, van kerke tot die Bredasdorp Blomskool, waar sy haar kennis van die Overberg en sy natuurlewe met entoesiasme deel. 

Gretha woon op Bredasdorp in 'n oulike geel en lila-geverfde huis waar haar liefde vir die natuur duidelik in haar tuin te sien is. Sy ken elke sentimeter daarvan soos die palm van haar hand - van jellie oor fungi wat onder boomstompe uitloer tot die Belladonna lelies wat skaam uit die grond begin kruip. Selfs die bloedsuiers wat sy onlangs in haar dammetjie ontdek het, word fyn bestudeer.

“Ek is al vandat ek kan onthou gefassineer deur plante en diere,” vertel sy.”Met vakansiekampe het my maats lekkergoed gekoop, maar ek het met my “tuckshop” geldjie potlode, pen en papier gekoop en al my waarnemings daarin neergeskryf.” Dit is daarom nie vreemd dat sy met haar passie vir die natuur op universiteit 'n B.Sc in plant- en dierkunde verwerf het nie. Ongelukkig was daar nie veel werk in haar rigting nie, en sy het toe verder studeer aan 'n hoër onderwysdiploma.  Sy het begin skoolhou en ook as laboratorium tegnikus gewerk. Haar liefde vir proefbuise en mikroskope loop tot vandag nog met haar saam. Nadat sy getroud is, het sy en haar man na 'n plaas in die Boesmanland verhuis waar sy 'n nuwe rol as boervrou en ma moes vervul. “Ek het elke vierkante meter van die plaas geken. Almal het gou geweet dat jy op ons plaas niks mag doodmaak nie.  As 'n mens so natuurgebonde lewe - ons het byvoorbeeld sonpanele, 'n kragopwekker en gas gehad - kom jy gou agter hoe maklik mense die natuur se balans versteur.” Gretha het omgewings-bewaringspraatjies by skole begin lewer juis omdat sy besef het dat mense bitter min van hul omgewing weet - en dat hulle 'n kleiner voetspoor op die aarde kan laat.

Toe sy in 2003 in die Overberg aanland, het sy dadelik op die omgewing verlief geraak. “Dit is die eerste plek waar ek heeltemal tuis gevoel het.  Dis seker maar in my DNS – my ouma was 'n nooi De Kock van Napier,” lag sy. Die Overberg was vir haar soos die paradys en sy het dadelik haar nuwe omgewing begin verken.  “Ek is nie 'n konvensioneel godsdienstige persoon nie, maar daar is iets wonderbaarlik magies aan die natuur wat so groots en onbeskryflik is, dat dit sjampanjeborrels binne my losmaak en my bly maak om te lewe!” As omgewings-opvoedkundige vir die Department Landbou se Junior Landcare program probeer Gretha dieselfde entoesiasme en verwondering by haar leerders aanwakker.  Die program is daarop gemik om kinders van laerskool af by die biologiese wetenskappe betrokke te kry. “Dis wonderlik om die “magic” van fotosintese of genetika aan die kinders oor te dra. Hulle  is ongelooflik ontvanklik en so gretig om te leer. Veral wanneer ons saam eksperimente doen en hul speel-speel leer, kruip hulle gou uit hul dop uit,” vertel sy.

In 2008 het Gretha verder studeer en 'n kwalifikasie in omgewingsopvoedkunde aan Rhodes Universiteit behaal. “Dit het vir my heeltemal 'n ander perspektief oopgemaak. Ek het besef dat die kind die fokus van alles moet wees, en dat dit my rol is om skoon water, grond en lug vir hulle relevant te maak.” 

Omgewingsopvoedingsprogramme is nou wel deur die 2020 grendeltyd in die wielegery, maar Gretha hoop dat die kennis wat reeds oorgedra is in die toekoms saad gaan dra deur passievolle bewaarders van ons omgewing te kweek. Intussen hou sy haar besig in haar kweekhuis, wat 'n spreekbeeld van volhoubaarheid is.  Dit is aanmekaar geslaan van ou vensterrame en houtpalette wat sy herwin het. Die rakke staan vol plante wat sy vertroetel. Sommige is skaars, andere is plante wat sy ontvang het om gesond te maak. “Dit is maar wie ek is," erken sy. "Ek is 'n baie sentimentele mens en wil alles bewaar - van plante tot ou meubels!"

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Gretha Engelbrecht

Ina Georgala

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Say Goodbye to Peeling Paint with DAMPCURE/SURFACE RESTORER!

Have you noticed any peeling paint in your home? 

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Transform Your Space with Premium Satin Silk Paint

Upgrade your space, one swatch at a time, with our Premium Satin Silk.

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Watch How-to Videos from Prominent Paints!

Looking to tackle a paint project but not sure where to start?

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Creative Notions
New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

New Event Alert: Sew Together Bag Workshop

Louis, owner of Creative Notions and Bernina Overberg, swears by it: "How I lived without this bag I don’t know. It’s the perfect size."

Bernina Overberg
See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai