Blog

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Marjolijn Malan

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Marjolijn Malan

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Marjolijn Malan

Woorde en Foto’s: Ina Georgala

Passie is die energie wat ons aan die gang hou. Dit is die dinge wat ons elke dag met opgewondenheid en afwagting vervul. Dit is die krag wat ons help om enigiets waarop ons fokus te bereik en ons help om met vrede en entoesiasme te werk en te lewe - en die beste weergawe van onsself te wees. Vir drie vroue van die Overberg, is 'n diep passie vir plante hul belangrikste dryfveer en inspirasie.

Marjolijn Malan - Blomkunstenaar

Marjolijn Malan se klein figuur het die afgelope twee jaar 'n bekende gesig by die NAMPO Kaap landbouskou op Bredasdorp geword. Sy is die meesterbrein agter die indrukwekkende Blomsaal, waar besoekers van regoor die wêreld deur blomkuns aan die inheemse blommeprag en blomkwekers van die Overberg voorgestel word. In 2018 het sy skougangers verras met 'n enorme blomkandelaar en in 2019 het sy die wêreld se grootste blompot geskep - 'n yslike 6 meter-hoë rangskikking gemaak uit ons inheemse blomkwekers se beste produkte.

Haar passie vir inheemse blomme, blomme rangskik en tuinuitleg kom al van kleintyd af. Ouers Joop en Hendrika Zwamborn het hul oudste dogter se belangstelling ten volle ondersteun. Pa Joop het op 10-jarige ouderdom vir haar 'n blompers gegee sodat sy haar eie herbarium kon begin. Op 14-jarige ouderdom het haar pa, nou 88, vir haar 'n skaalmodel van hul tuin in Stellenbosch gebou sodat sy kon leer tuin uitlê. Hy het haar ook aangemoedig om in haar hoërskooljare by 'n bloemiste te werk om tegniese kennis van bloemistewerk op te doen. “Nie dat ek baie toegelaat is om te rangskik nie,”lag Marjolijn,”ek het meesal net emmers gewas en graskranse gemaak!”

Na skool moes sy 'n ompad loop om weer by haar passie uit te kom. Alhoewel sy eintlik BSc Tuinboukunde wou swot, het sy uiteindelik 'n graad in verpleegkunde en verloskunde verwerf. Sy het nog steeds van tyd tot tyd aan blomskoue deelgeneem, veral aangesien haar skoonma geruime tyd voorsitter van die Stellenbosse Blomme-vereniging was. Eers in die 90s het die blomkoors haar weer beetgepak toe sy en vriendin Hannelie Kotze “onwettig en onwetend” Suid-Afrika by die Wêreld Blommeskou in Toronto verteenwoordig het. “Dit was nog tydens die apartheidsjare. Ons was net gelukkig om toegelaat te word om deel te neem omdat hulle nie SAFU (Suid-Afrikaanse Flora Unie) deelname kon weier as stigterslid van WAFA (World Association of Flower Arrangers) nie,” vertel sy. “Omdat ons eintlik onsself ‘nomineer het, moes ons sonder SAFU se ondersteuning oorgaan en self fondse insamel om daarvoor te betaal.”

Na sukses by die Wêreld Blommeskou het Marjolijn haar al hoe meer op blomkuns begin toespits. Sy het 'n blommekursus by die bekende Boerma Instituut in Aalsmeer voltooi en toe die (baie moeilike!) SAFU eksamen voltooi om haar as demonstrateur, onderwyser en beoordelaar in blomkuns te bekwaam. Sy was later by SAFU betrokke as die hoof van die panele vir demonstrateurs en onderwysers, en is nog steeds een van SAFU se beoordelaars. Kunsklasse en 'n sertifikaat in tuinbou, 'n wye kennis van ons inheemse flora, leergierigheid en 'n lewendige verbeelding help haar om met internasionale tendense tred te hou.

Haar passie het haar al die wêreld oor geneem na lande soos Japan, Skotland, Ierland, Italië, die Verenigde Koninkryk, VSA, Singapore, Uruguay en Kanada. Sy vertel beskeie dat sy gelukkig was om by al die internasionale blomskoue met 'n toekenning weg te stap, onder andere met 'n silwer medalje by Canada Blooms in 2000, 'n silwer-gilt by die Chelsea Blommeskou en 'n brons medalje saam met Emmie Pabst in Singapore. Nie dat alle blomskoue ewe voorspoedig verloop nie.  

In 2006 moes sy en SAFU President Locia Hartzer na bomaanvalle op Karachi en Islamabad saam met ander afgevaardigdes deur 'n kordon van soldate beskerm word om aan 'n seminaar in Pakistan deel te neem. In Uruguay moes sy weer vinnig plan maak om haar blom materiaal betyds die land in te kry nadat daar probleme met die fitosanitêre invoersertifikaat was. ”Blomkunstenaars moet maar altyd reg wees met Plan B,” skerts sy.

Dit is duidelik dat Marjolijn se passie vir blomkuns 'n groot impak op haar lewe gehad het. Sy het deur blomkuns nie net hartsvriende regoor die wêreld gemaak nie, maar haar kuns het haar ook gehelp om lewenskrisisse te oorkom. “Platgetrapte blomme staan mos altyd weer op,” is een van die lewenswaarhede wat sy by blomme geleer het. Sy het ook met blomkuns haar drie kinders ondersteun om hul eie passies uit te lewe. “Ek het vir my jongste dogter se passie vir perdry betaal deur rose te kweek en te verkoop,” lag sy. Deesdae woon Marjolijn op Prinskraal buite Bredasdorp van waar sy demonstrasies regoor die land doen - dikwels saam met haar 6-jarige kleindogter Lara, wat haar ouma se liefde vir blomme rangskik deel.  Sy neem nog aan internasionale en plaaslike blomkompetisies deel en was juis besig om werke voor te berei vir die 2020 SAFU virtuele uitstallings. Sy het al haar eie stempel op hierdie hoekie van die Sandveld afgedruk met die ondersteuning (en gewillige sweiswerk) van haar lewensvennoot, Dirk Giliomee. 'n Rustige versoeningslabirint, pragtige aalwyn en vetplant tuin, asook verskeie kleurvolle blommerang-skikkings orals in die plaashuis wys duidelik dat Marjolijn Malan hier in die Overberg tuis is - en dat haar blompassie nog diep loop.

VROUE MET N PASSIE VIR PLANTE - Marjolijn Malan

Ina Georgala

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

Emotional Responsibility: Unlocking Growth and Opportunity

It is common to say things like "You make me angry," "You make me feel sad," or "You make me uncomfortable."

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Reliable Bus, Mini-bus, Shuttle, and Taxi Services

Get ready to travel with ease! Dupp’s Transport has you covered with our range of services tailored to suit groups of all sizes.

Dupp’s Transport
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Creative Notions
8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

8 May 2024: Cape Fynbos Hand Embroidery Workshop

New workshop announcement! Join us for Cape Fynbos Hand Embroidery at Creative Notions!

Bernina Overberg
See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai