Dierevriendlik, Selfsorg Tuinwoonstel vir 2 Volwassenes en 2 Kinders Beskikbaar @ R700 p/n

Tuinwoonstel is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in die kusdorp Struisbaai. Die woonstel het 'n privaat ingang en is 800 m vanaf die see.

Dié tuinwoonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n TV met DStv. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, wasmasjien en ingeboude kaste met breekware en eetgerei toegerus. Die eetarea het 'n tafel met bankies en in die sit area is daar 'n dubbelslaapbank met 2 leunstoele. Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n draagbare braai.

Daar is 'n waslyn in die agtertuin. Die woonstel is troeteldiervriendelik.

Struisbaai se hawe is 1,5 km ver, die swemstrand is 3 km ver en Cape Agulhas is ongeveer 6 km ver.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Map

Nearby Places