Blog

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Deur die hele Suid-Afrikaanse Lugmag word daar jaarliks in Mei gedenkdiens gehou op al die basisse om diegene wat hul lewens gegee het in diens van ons land, te eer. Op Vrydag 17 Mei 2024 het ons Hoofseun Arthur Delport en Hoofdogter Shania Beetzke 'n krans gelê by die Overberg Lugmag Basis se gedenkdiens namens Zoetendal Akademie.

Die Overberg gedenkdiens is uniek omdat dit die enigste diens is wat by die monument gehou word. Hierdie monument is in 2019 opgerig. 

Die monument bestaan uit twee halfsirkelvormige mure wat 'n fontein en 'n gedenkmuur omsluit. Die name van lede van die Overberg Lugmag Basis wat gesterf het terwyl hulle in diens was, is op die gedenkmuur aangebring saam met die datum van hul afsterwe. Nie net uniformlede nie, maar ook burgerlike lede van die Overberg Lugmag Basis word hier erken. Aan die ander kant van die muur, wat na die agterste ingang van die gedenkterrein kyk, is daar 'n driedimensionele voorstelling van die basis-embleem; 'n rooibruin arend wat 'n sleutel in sy kloue hou. Bo-op die fontein is 'n lewensgrootte silhoeët van 'n saluerende lugmaglid.

Ons is trots op ons leerders Arthur Delport en Shania Beetzke wat vandag hierdie belangrike taak verrig het. Hulle het Zoetendal Akademie met waardigheid verteenwoordig en ons hulde gebring aan diegene wat hul lewens gegee het in diens van ons land.

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in Agulhas. The non-profit organisation aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of four and 13. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and extramural acti...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Recent Posts

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Van 11 - 14 September het die Zoetendal Kombuis by NAMPO Kaap gewys wat gasvryheid regtig beteken.

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Su...

Die jaarlikse Zoetendal Akademie Proe-Aand was ‘n reuse sukses. 

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Akademie

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Ak...

Baie trots op ons leerders by Zoetendal Akademie / Academy!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruyw...

Zoetendal Akademie verwelkom Mnr. Andre "Kulu" Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.