Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie / Academy

Image

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Die jaarlikse Zoetendal Akademie Proe-Aand, wat op Saterdag, 3 Augustus 2024, by die Struisbaai Dienssentrum plaasgevind het, was ‘n reuse sukses. Deelnemers en gaste het die aand terdeë geniet, met elke klasgroep wat spoggerige disse uit ses verskillende lande voorgesit het. Die kos was soos altyd uit die boonste rakke, en die atmosfeer was lewendig en feestelik.

Ons graad 2- en 3-groep met die Brasiliaanse tema het met die eerste prys weggestap. Frankryk, graad R en RR, het in die tweede plek geëindig, en Marokko, graad 7, het die derde plek behaal. Hierdie kulinêre ervaring het gaste op 'n reis om die wêreld geneem en sommer die smaakpapille geprikkel.

Die aand is verder gekenmerk deur 'n suksesvolle veiling wat groot belangstelling gelok het. Die lewendige gehoor het gesorg vir opwindende bod-oomblikke, en uiteindelik is ‘n indrukwekkende bedrag van R49 976.00 ingesamel. Hierdie fondse sal aangewend word vir die ontwikkeling van die skool en sportgronde, wat verseker dat Zoetendal Akademie voortgaan om ‘n omgewing van uitnemendheid vir sy leerders te skep.

‘n Spesiale dankie gaan aan die beheerliggaam, ouers, personeel, leerders, gemeenskap, en ons borge vir almal se bydraes en harde werk. Die Proe-Aand was nie net ‘n viering van kos en kultuur nie, maar ook ‘n bewys van wat ons saam as gemeenskap kan bereik.

Ons sien reeds uit na volgende jaar se Proe-Aand en weet dat dit weer 'n gebeurtenis van uitnemendheid sal wees!

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in Agulhas. The non-profit organisation aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of four and 13. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and extramural acti...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Recent Posts

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Van 11 - 14 September het die Zoetendal Kombuis by NAMPO Kaap gewys wat gasvryheid regtig beteken.

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Over...

Deur die hele Suid-Afrikaanse Lugmag word daar jaarliks in Mei gedenkdiens gehou op al die basisse.

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Akademie

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Ak...

Baie trots op ons leerders by Zoetendal Akademie / Academy!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruyw...

Zoetendal Akademie verwelkom Mnr. Andre "Kulu" Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.