Blog

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Van 11 - 14 September het die Zoetendal Kombuis by NAMPO Kaap gewys wat gasvryheid regtig beteken. Met heerlike kos, ‘n fantastiese atmosfeer en entoesiastiese besoekers, was dit vier dae vol sukses en vreugde. Die heerlike weer het beslis ook bygedra tot die groot getalle besoekers wat by ons kombuis aangekom het om saam te kuier en te smul aan wat ons voorgesit het.

Ons wil graag ons ongelooflike skoolbeheerliggaam, met spesiale vermelding van Stefanie Potgieter en Chenean Kroucamp, bedank vir hulle uitsonderlike beplanning en leiding om hierdie groot taak aan te pak en so goed af te handel. Van die eerste dag af het hulle gesorg dat alles glad verloop, en hul harde werk het verseker dat Zoetendal Akademie se deelname by NAMPO ‘n reuse sukses was. Ons waardeer ook elke ouer wat hul tyd en energie opgeoffer het om hand by te sit. Dit is danksy hierdie toegewyde span dat ons dit kon regkry om almal se verwagtinge te oortref.

Die ondersteuning van ons borge het ‘n deurslaggewende rol gespeel. Sonder hulle bydraes sou ons nie hierdie mylpaal kon behaal nie. ‘n Groot dankie aan OK Struisbaai, L'Agulhas Kafee, Monsune & Desmond van Bosch, Kobus en Johan Stemmet Vervoer, HPM, Tip of Africa Creations, Struisbaai Hardeware, Eureka Mills, Red Hen Kitchen, Living Ball Ministries, Lactalis Bonnievale, Struisbaai Vleismark, Chas Everitt en Jumping Jackal. Julle ondersteuning maak 'n groot verskil in die lewens van ons leerders en vir die skool se toekomstige projekte.

Die deelname aan NAMPO Kaap is nie net ‘n fondsinsamelingsprojek nie, maar ook ‘n manier om ons skool en gemeenskap te bevorder. Ons het die geleentheid gebruik om die groter landbou- en besigheidsgemeenskap te wys waartoe Zoetendal Akademie in staat is – met groot sukses!

Die geld wat ingesamel is, sal aangewend word vir die verbetering van ons skool en sportgronde, wat in volle ontwikkeling is. Ons glo hierdie projekte sal net verder bydra tot die groei en vooruitgang van Zoetendal Akademie, en ons sien uit daarna om nog groter hoogtes te bereik.

Aan elke ondersteuner wat ons by NAMPO besoek het en gehelp het om hierdie projek ‘n reuse sukses te maak - ‘n groot dankie! Julle het gehelp om ons drome vir die skool en die gemeenskap 'n stap nader aan realiteit te bring.

Zoetendal Kombuis beïndruk by NAMPO Kaap!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in Agulhas. The non-profit organisation aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of four and 13. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and extramural acti...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Recent Posts

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Su...

Die jaarlikse Zoetendal Akademie Proe-Aand was ‘n reuse sukses. 

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Over...

Deur die hele Suid-Afrikaanse Lugmag word daar jaarliks in Mei gedenkdiens gehou op al die basisse.

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Akademie

Trots op Prestasies: Leerders by Zoetendal Ak...

Baie trots op ons leerders by Zoetendal Akademie / Academy!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Zoetendal Akademie Verwelkom Mnr. Andre Cruyw...

Zoetendal Akademie verwelkom Mnr. Andre "Kulu" Cruywagen, Ons Nuwe Hoof!

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.