Veiligheidsgesprek: Chroniese Siektes
Die volgende Veiligheidsgesprek fokus op Chroniese siektes.
Baie mense ly aan chroniese siektes en ander gesondheids-verwante toestande. Dit is belangrik om te weet of jy ly aan 'n siekte sodat jy behandeling en medikasie kan kry om die siekte te beheer en beter kan word.
Chroniese siektes
- Onbeheerde diabetes (suikersiekte)
- Asmalyers
- Epileptici (Mense wat ly aan styptrekkings)
- Hoë bloeddruk
- Tuberkulose (TB)
- Depressie of geestelike siektes (diagnosering en medikasie word vereis)
Gesondheidsverwante toestande
- Swanger vroue
- Moeders wat borsvoed
- Mense wat herstel van groot operasies (hartomleiding, histerektomie, ens.)
- Mense bo die ouderdom van 55 jaar
- Mense op krukke, of met een arm buite aksie en beseerde hande
- Mense wat korttermyn medisyne gebruik wat lomerigheid kan veroorsaak (griep, gastro, ens.)
Wat is op die spel?
As jy ly aan chroniese siektes, of enige van hierdie toestande is jou gesondheid, jou lewe en jou werk in gevaar.
Wat is die gevaar?
- Jy kan jouself in gevaar stel (besering, koma of ander mediese krisisse).
- Jy kan ander in gevaar stel (die beheer van masjinerie of toerusting).
- Skofwerk is gevaarlik, want jou werk tye; slaap tyd en eet tye kan jou mediese toestand in 'n hoë risiko plaas of selfs jou dood veroorsaak.
- Skofwerk ontstel die geestelike sensitiwiteit van mense wat ly aan chroniese siektes.
Hoe om jouself te beskerm
- Vertel jou werkgewer as jy ly aan 'n chroniese siekte.
- Neem jou medikasie soos voorgeskryf deur jou dokter.
- Verminder jou inname van suiker, cholesterol en soortgelyke voedsel.
- Eet baie vrugte en groente - eet minder rooivleis.
- Gaan vir gereelde ondersoeke by jou dokter.
Vir meer inligting kontak Independent Fire Services.