Wie was die Strandlopers van ouds?
In Dr Janette Deacon se “Khoekhoegowab Dictionary and KhoeSan related terminilogy”, verskyn die volgende inligting oor die term “Strandlopers”.
Volgens hierdie bron verwys die groepsnaam “Strandlopers” na 'n groep van hoogstens 50 mense wat op die strand rondom Tafelbaai sou gewoon het ten tye van die stigting van die HOIK se verversingspos in 1652. Volgens die bron sou Van Riebeeck na hierdie mense verwys het as “Strandlopers” omdat hulle geleef het van dit wat hulle aan die kus gevind het of bymekaar kon maak.
Die moontlikheid word ook genoem dat die Strandlopers verteenwoordigers van beide die San en die Khoekoe ingesluit het wat hulle onderskeie stamme verlaat het en later as tussengangers opgetree het wanneer die koloniste vee wou ruil. Die skulphope of middens wat deur hulle agtergelaat is het later lig gewerp op hulle leef-en eetgewoontes.
Een van die bekendste “Strandlopers” van weleer was volgens oorlewering Harry die Strandloper wie se oorspronklike naam Autshmato was. Die geskiedskrywer Dan Sleigh maak in sy geskrifte ook melding van Harry die Strandloper wat kon kommunikeer in Engels sowel as Nederlands.
Ora Laubscher