Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Suidernuus / Southern Post

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante, dansers en rymkletskunstenaars vanuit eie bodem om gaste te vermaak.

Selfs museumbestuurder Odette Weir het op ’n kol kom saamdans onder instruksie van die Realiist Angels se Mickayla Oosthuizen. Die Realiist Angels is ’n groep skoolkinders wat onder leiding van ’n span instrukteurs lekker loslit lyf rondgegooi het op die maat van opgewekte musiek.

Mirambaspelers het tradisionele Afrika-musiek verskaf en Phillip Swanepoel, ’n plaaslike sanger en liedjiemaker, het die blues gesing met gepaste lirieke vir die dag, terwyl ’n handvol rymkletsers (rap kunstenaars) - die Great Orator, Jakklong Booysen, Lil Ace en Nakaweli - ook hul ding gewys het. Nakaweli, het iemand wat vertel, kan in vier tale rymklets - Afrikaans Engels, isiXhosa en isiZulu.

Vanwaar ek in die agtertuin neffens die uitstalling skeepswrakankers gesit het, het dit gelyk of selfs die horing-ou wurgvy saam ‘boogie’.

Margel Foods het hamburgers, worsbroodjies en koeldranke verkoop in die agtertuin. Dié familiebesigheid, onder bestuur van Elton en Liam Marthinus en ondersteun deur suster Teneal en skoonsuster Beverley, het ingestaan vir ’n pop-up restaurant wat op die laaste nippertjie nie kon ‘pop’ nie.

Die talentvolle Wendy Kweyama was die seremoniemeesteres. Die dag se verrigtinge het om 10:00 afgeskop en toe Suidernuus teen 12:30 daar weg is, was die feesgangers in die middedorp van Bredasdorp steeds aan die vier. ’n Heerlike dag van samesyn om ’n belangrike tema vir Suid Afrikaners.

Image 1
Image 2
 
Mathabo le Roux
Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Landbou-Siklus in die Overberg

Landbou-Siklus in die Overberg

In hierdie splinternuwe Suidernuus-rubriek, gesels Marius Swart oor waar in die landbou-siklus die Overberg tans is.