Blog

Suideroord Inwoners Aktiwiteite

Suideroord Inwoners Aktiwiteite

Suideroord Home for the Elderly

Suideroord Inwoners Aktiwiteite

Ons inwoners is sedert 18 Maart in "lockdown" met niemand wat enige perseel mag verlaat of enigeen wat kan kom kuier nie. Maar verseker sit ons nie in sak en as nie. Ons lees tydskrifte en boeke, speel speletjies, drink tee in die tuin, hou snoepie om die soettand te stil, en kyk flieks - 'Pad na jou hart' was vandag se loket-treffer! Lokale is vinnig omskep vir aktiwiteite en ontspanning, en dit maak verseker die dae korter! Gedagtes aan monster-virusse wat buite rondsluip is vir wyles totaal vergete.

To further ensure maximum safety of our residents, we undertook the almost impossible - from tomorrow our staff will only rotate on a 7 - day workweek and most will be sleeping in for this period. This will surely lower our risk and reduce exposure even further. We are super proud of our staff who volunteered for this major interruption in their lives and families.

Ons wil met nederige harte baie dankie sê vir elke gebed, boodskap of oproep van bemoediging, donasies van tydskrifte, bordspeletjies en dvd's, snoeperye en vrugte. 'n Baie groot dankie aan beheerraadslede wat uit hul pad gaan om lysies op lysies se inkopies te gaan doen namens inwoners en toe te sien dat die winkeltjie opgevul is met elke denkbare noodsaaklikheid en lekkernye. Dit help om die moraal hoog te hou in hierdie tyd.

Dis nie altyd die groot dinge in die lewe wat die meeste gewig dra nie, maar die klein gebaartjies wat jou nuwe wind onder die vlerke gee.

Familielede is meer as welkom om te skakel as u wil hoor hoe dit gaan - ons het so ver moontlik koordlose fone beskikbaar gestel vir 'n kosbare hallo sê! Tel: 028 4241 080 of stuur 'n briefie na admin@suideroord.co.za.

Na meer as 2 weke in totale afsondering gaan dit GOED! God se genade is groot.
 

Suideroord Inwoners Aktiwiteite

Suideroord Home for the Elderly

The ACVV (Afrikaanse Christelike Vroue Vereninging) Suideroord Home for the Elderly in Bredasdorp is a non-profit organisation that has, since 1965, been providing several care options for the elderly. Options include subsidised and non-subsidised arrangements. The home also assists those above the ...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

31 May 2024: Mini Bazaar

31 May 2024: Mini Bazaar

Enjoy yummy food and great stuff at our mini bazaar on May 31st from 09:00 to 11:00.

Suideroord April Fools' Day Drive Thru

Suideroord April Fools' Day Drive Thru

Join Suideroord Home for the Elderly for delicious take-aways on the 1st of April 2020.