Blog

Geweld

Geweld

NG Kerk Gansbaai

Sentrum vir Publieke Getuienis oor moorde en geweld in SA

Moorde en geweld in SA

Braam Hanekom het Sondag 29 Oktober (voor die Maandagoptogte) die gesamentlike perskonferensie van ministers Dan Plato en Ivan Meyer, asook senior polisie-offisiere en AfriForum, bygewoon. Lees onder sy waarnemings oor waar ons tans met moord en geweld in SA staan.

Langs hierdie weg wil ons graag ons innige simpatie en meegevoel met alle slagoffers van plaasaanvalle betuig. Nie alleen is die verlies van geliefdes onbeskryflik nie, maar laat die geweldadige wyse waarop hierdie moorde plaasvind, tans ook diep psigologiese letsels op ons samelewing. Die vlaag van geweld moet eenvoudig gestuit word.

Tog verdien die situasie  ook ‘n groter perspektief

Daar het volgens die TLU se syfers sedert 1990,  1921 plaasmoorde plaasgevind. In 2016 alleen het daar egter 18 000 moorde in SA plaasgevind.

In die Wes-Kaap was daar hierdie jaar reeds vyf plaasmoorde, maar in Nyanga alleen meer as 270 moorde en in SA as geheel vind daar 50 moorde per dag plaas! Die hartseer van ‘n moeder ken geen kleur nie.

Ons dink aan die talle kindermoorde op die Kaapse Vlakte. Ons dink aan bendeslagoffers, slagoffers van kapings, verkragtings en veel meer.

Kaapstad word tans volgens Business Insider as die 13e mees geweldadige stad in die wêreld gereken. Vir talle inwoners beteken die syfer nie veel nie, omdat die oorgrote deel van die geweld by ons verbygaan. Tog kan ons dit nie langer ignoreer nie.

Daarom die volgende

Ons is oortuig dat openbare protes, soos die dra van swart klere, nie genoeg is nie. Ons het al vir baie lank “Black Thursday” wat protes aanteken teen geweld teen vroue en kinders. Dit lyk nie of ons die stryd wen nie.

Die volgende voorstelle word dus aangebied vir oorweging:

Wat nou in SA nodig is, is dat persone van oor die kleurgrens vir MEKAAR begin opstaan en ons nie alleen ons eie sektorale belange beskerm of verdedig nie.

Sien bv Thom Thamaga, lid van die Western Cape Ecumenical Network en pastoor in Khayelitsha, se Whatsapp die week (Sien onder).

Verder hoop ons om ‘n strategiese beraad te reël waar al die rolspelers saam om die tafel kan sit om konkrete aksiestappe te beraam. Die kerk behoort so iets te kan fasiliteer en voogdyskap te aanvaar vir die proses om seker te maak dat dit nie in die sand uitloop nie. Voelers is reeds na die Wes-Kaapse se regering in die verband uitgesteek en ons hoop om spoedig hieroor te kan verslag doen.

“The killing of the farmers in South Africa is worrying and the silence of our  government  is deafening, the utterances of some of the politicians are not helping more than they are fueling the fire of bitterness, hatred and unforgiveness which could be  a clear motivation behind farm murders in this country. I am not in any way making light of the fact that this country as a whole is infested with murder crimes both in the farms and the townships. What’s happening in townships is a clear failure on the part of our justice system and the changing laws that seems to favour the criminals more than the good citizens. The police are clearly powerless in combating crime and our politicians are in denial to the fact that our  country is at war with criminals who are armed to their teeth whilst the army is in holiday. The killings in the townships, Cape flats etc is a clear failure and neglect on the part of our government. It should be the responsibility of every citizen to stand up and do something about crime and if need be take the government to court for failing to protect its citizens. But the killing of our farmers is clearly motivated by unforgivess, hatred, anger bitterness fuelled by some politicians and the silence of our government. Killing of farmers is tantamount to a national suicide and should be condemned by those who want to be  alive tomorrow. We need a doctor, a dentist maybe once in a lifetime but we need a farmer at least three times a day for breakfast, lunch and dinner.

On Monday I’ll be joining in the struggle of our farmers while praying with all the families who’ve lost their loved ones both on the farms and townships, everywhere in this country due to murder.”

Thom Thamaga, Without Walls Khayelitsh

Geweld

Ds. Nelis Janse van Rensburg

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles