Bly hoop. Herlaai jou batterye!

Bly hoop. Herlaai jou batterye!

Gansbaai Courant

“Mag GOD, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Rom 15:13)

“Nou is daar geen hoop meer vir my nie, ondergang staar my elke dag in die gesig.” (Job 30:16 )

Kyk gou weer na hierdie twee verse wat hierbo aangehaal word. Dit is geskryf deur twee gelowiges, Paulus en Job. Albei is in diep nood en pyn. Paulus sit in die tronk en is ’n siek man. By verskeie geleenthede is hy gemartel, met ’n sweep geslaan en gestenig. (Lees gou 2 Kor. 11:23-28) Sy liggaam was stukkend! Job weer, het sy tien kinders en al sy besittings op een slag verloor. (Job 1) Slegter kan dit nie met ’n mens gaan nie. Sy hele liggaam, van sy kop tot by sy tone, is     deurtrek van sere. (Job 2:7)  Dalk voel jy vandag asof jy net soos hierdie gelowiges deur baie moeilike tye gaan. Jy is moedeloos. Lees verder....

Tog is daar ’n duidelike verskil hoe elkeen voel en optree. Job sit in sak en as en sê hy het geen hoop meer oor nie. Hy vervloek sy geboortedag. (Job 3:1) Geen hoop, geen toekomsvisie,  geen verwagtinge nie. Paulus aan die ander kant, plaas sy volle vertroue in GOD, die bron van hoop. Maak nie saak hoe sleg dit met hom gaan nie, hy bly op GOD wag en vertrou dat GOD vir hom alles sal laat uitwerk ten goede. (Rom. 8:28) Sien jy dit raak? Die een sit en staar na die grond en die ander een kyk na bo en sien GOD raak.

Wanneer sielkundiges met huwelikspare of individue werk sê hulle altyd dat hulle eers net probeer om die mense met 5% te verbeter. Hoekom 5%?  Want as jy met 5% verbeter kry jy hoop en as jy hoop het sien jy kans vir verbetering. As jou selfoon met ’n pap battery met 5% gelaai word, kan jy weer bel en aangaan.

Laai jou battery! Begin om die volgende dinge te doen:

· Maak tyd om elke dag ’n paar verse uit die Bybel te lees en te hoor wat GOD vir jou wil sê. Veral die Psalms, die Evangelies Matteus tot Johannes en Paulus se briewe.

· Maak tyd om ’n paar minute stil te word en praat jou hart uit teenoor GOD.

· Word sommer net stil daar waar jy sit en kyk rondom jou hoe gróót GOD se skepping is. Sien die voëltjies, die see en die mooi wolke raak.

· Kuier saam met positiewe vriende – en vermy mense wat die hele dag kla!

· Fokus op die mooi dinge en GOD se belofte van ’n toekoms saam met Jesus. Dit is alreeds aan jou gegee die dag toe jy Jesus as jou Verlosser aanvaar het!

Voel jy al klaar 5%  beter? Dink net wat gaan gebeur as jy jou hele lewe en al jou hoop op GOD plaas! Die vreugde en vrede waarvan Paulus hierbo praat sal jou gedagtes en jou lewe vul! Ja, jou hoop word al sterker deur die werk van die Heilige Gees in jou! Hoop op GOD!

Bly hoop. Herlaai jou batterye!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles