Oud-Staatspresident Nelson Mandela het 67 jaar van sy lewe spandeer om ‘n beter plek van Suid-Afrika te maak. Nelson Mandela, ook bekend as Madiba, is op 18 Julie 1918 in Suid-Afrika gebore. Ná sy vrylating dien hy as Staatspresident van Suid-Afrika tot 1999. Gedurende 2009 het die Verenigde Volke Mandela se verjaardagdatum, 18 Julie, tot Internasionale Nelson Mandeladag verklaar. Sedertdien word mense, instansies, organisasies, skole en besighede wêreldwyd gevra om op daardie dag 67 minute van hulle tyd tot hulp van andere te spandeer. Soos jaarliks die geval is, het Gandbaaiers veel meer as 67 minute aan liefdadigheidswerk afgestaan. Enkele voorbeelde waar betrokkenes van hulle laat hoor het, word hiermee uitgelig.