Verlede Saterdag het o.m.G.e.e. Bediening se dames heerlik saamgekuier oor ‘n koppie tee. Die tafels was gedek om elke gasvrou se uniekheid uit te beeld, en dit was groot pret om almal se idees en kreatiwiteit te beleef.
Irma Groenewald het die dames toegespreek oor die uniekheid van die vrou en hoe wonderlik elke vrou haar uniekheid voor God kan uitleef. Hiermee wil o.m.G.e.e.-dames weer eens hulle dank uitspreek teenoor almal wat betrokke was en ‘n bydrae tot die sukses van die oggend gemaak het. Die fondse sal nuttig gebruik kan word om in ons kinders se toekoms te belê.
Linda Kloppers