Virus maai steeds onder ons wilde seevoël bevolking

Virus maai steeds onder ons wilde seevoël bevolking

Suidernuus / Southern Post

Virus maai steeds onder ons wilde seevoël bevolking

Bedreigde Afrika pikkewyne ook slagoffers 

Volgens deskundige verslae saai die voëlgriep virus sedert die dag toe die eerste sterftes onder die kormorant bevolking opgemerk en gerapporteer is, steeds al langs die kuslyn van die Westelike Provinsie af, verwoesting. Sover as wat daar vasgestel kan word, het die virus op hierdie stadium reeds tot die dood van 'n totaal van 8 000 seevoëls aanleiding gegee. Die hoop is uitgespreek dat die die getalle eersdaags 'n dalende tendens sal begin toon. Van Dyer Island Conservation Trust se Penguin and Seabird Sanctuary of te wel pikkewyn- en Seevoël Sentrum, daar waar beseerde of verswakte pikkewyne en ander seevoëls versorg en gerehabiliteer word, het ons verneem dat die virus ook van die Afrika pikkewyne wat op die eiland woon en broei, aangetas het. Die gevolg was dat talle pikkewynkuikens as gevolg hiervan, wees gelaat is. 

 
Hande in die hare en 'n hulpkreet

Personeel van Cape Nature, onder wie se jurisdiksie Dyer Eiland val, tesame met senior personeellede van die Pikkewyn en Seevoël Sentrum, het hard gewerk om pikkewynkuikens wat dit nie op hulle eie sou kon maak nie, van die eiland af te verwyder en na die “versorgingsfasiliteit” te bring. Hier word tans 100 van hierdie kuikens versorg. Volgens Trudi M alan, die bewaringsbestuurder van die Dyer Eiland Bewarings Trust, het die kostes verbonde aan die versorging en rehabilitasie van die kuikens as gevolg van streng kwarantyn verwante voorskrifte, dramasties gestyg. Afgesien van gewone versorging, is die kuikens - soos alle ander voëls wat ingebring word - onderworpe aan bepaalde kwarantyn reëls en regulasies soos voorgeskryf.

 
Gaan loer in by die Pikewyn

Versorgingsentrum Dit was teen hierdie agtergrond dat Suidernuus op Dinsdag, 23 op Suidernuus se Facebook-blad 'n foto tesame met 'n versoek om hulp aan lede van die publiek geplaas het. Indien u nog nooit by die pikkewyn- en seevoël sentrum was nie, is dit nou die ideale geleentheid om daar te gaan inloer en dan sommer ook koerante en ou handdoeke daar te gaan afgee. Doen vooraf navraag oor voertye en pas die besoek hierby aan. Die koffiewinkel bedien ook heerlike koffie en alle verkope is ten bate van die Trust.

Image 1
Members of Dyer Island Conservation Trust's Penguin and Seabird Sanctuary team dressed like space men. They do have a very good reason: “The implications of the Avian Influenza outbreak are that we must quarantine every new admission until we get confirmation that the bird has tested negative. This is an operational challenge and has huge cost implications. We are now operating two fully functional rehabs - the quarantine area and the normal rehab.” On rd Tuesday November 23 we placed a picture of some of the 100 orphaned Penguin chicks taken from Dyer Island to the Sanctuary where they will be cared for.
Image 2
The Kleinbaai based African Penguin and Seabird Sanctuary. The
penguin being “fed” in the picture is not real. 
 
Ora Laubscher
Virus maai steeds onder ons wilde seevoël bevolking

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles