De Kleine Gansies Gholfdag – 12 September 2015
Gansies, gansies stap in ‘n ry; 1 2 3 hier kom hul Gholfdag verby. Ja, dis al weer daai tyd van die jaar. De Kleine Gansies se gholfdag vind plaas op die 12 September 2015 by die Kleinbaai Gholfklub. Soos in die verlede is die gholfdag deel van die gesinsdag wat onder andere ‘n Damestee en Kinderdagsorg gaan insluit. Bestellings sal ook geplaas kan word vir heerlike gourmet hamburgers. Hou die media dop vir meer inligting rakende diè aktiwiteite.
Die inskrywingsgeld vir die Gholfdag beloop R 200 per persoon en 4 lede maak ‘n span vol. Die spel sal gespeel word as ‘n “4 Ball Better Ball Preferred Drive”. Hierdie gaan een heerlike sosiale dag wees vir die hele familie en vriende. Dit is ook die ideale geleentheid vir spanbou vir besighede asook vir professionele spelers.
Elke speler sal ‘n ‘goody bag’ ontvang met registrasie en daar gaan verskeie verrassings by van die 18 putjies wees. Groot pryse word uitgedeel vir die wenners! Daar is slegs beperkte plekke beskikbaar aangesien hierdie net ‘n oggend veld gaan wees.
Meer inligting en registrasie vorms kan verkry word by Mariana Smal by 079 9510 455 of by info@overbergonline.co.za
Ons hoop om jou daar te sien!