Gansbaai: Tussen Land en See - Hengel en Dolosse

Gansbaai: Tussen Land en See - Hengel en Dolosse

Gansbaai Stories


Twee ou hengelkamerade sit een aand op die dolosse aan die seekant van die Nuwe Hawe. Die gety is aan die inkom, maar die vissies wil nie juis byt nie. Om die aandkoelte te besweer suig die manne ook so af en toe aan ‘n bruin flessie.

Die ineengepaste dolosse skep natuurlik verraderlike openinge tussen hulle en toe een ou op die gladde beton glip toe hy opstaan om sy bene te rek, val hy tussen die dolosse in, so ongemaklik dat net sy kop bokant die water uitsteek. Die res van hom is so in die dolosse ingevleg dat hy letterlik nie ‘n vinger kan verroer nie.

Wat nou? Daar sit ta soos ‘n muis in ‘n val en die water vinnig aan die styg.  

Met wonderlike teenwoordigheid van gees gryp sy makker dadelik die visgaffel met die groot hoek aan die punt, hak sy pel in die regteroogbank en sleep hom lyflik uit sy penarie.

Wonder bo wonder het amperse drenkeling geen blywende skade opgedoen nie, en die twee is vandag nog lojale kamerade.

Gansbaai: Tussen Land en See - Hengel en Dolosse

Gansbaai: Between Land and Ocean

For those who have lived in or visited the quaint fisherman’s village of Gansbaai, it has secured itself a special place within our hearts. The friendly and welcoming residents makes you feel right at home and combined with the unspoiled nature, it truly is something special.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles