‘n Hengelaar van Pearly Beach staan een Sondagoggend met sy visstok op die strand en kyk hoe baljaar die perlemoenstropers in die water. Hy is verstandig genoeg om nie te gaan inmeng nie en kry maar sy gerei reg om in te gooi.
Skielik hoor hy iets vlieg en tot sy verbasing kom land daar ‘n Polisie-helikopter langs hom op die sand. Twee polisiemanne klim af en stap na hom toe.
Hy begin ewe hulpvaardig vir hulle verduidelik presies waar die stropers te vinde is, maar hulle bly belangeloos.
“Nou wat kan ek dan vir julle doen?” vra hy.
“Ons wil graag jou hengellisensie sien,” sê hulle.
Hy haal uit en wys dit. “En wat van die stropers?” vra hy.
“Nee,” sê een, “ons vang hulle nie op Sondae nie...”
Vir meer stories en informasie om betrokke te raak en/of jou storie in te stuur, besoek gerus ons webblad.