Die voorbereide geraamte van die noorkapper wat hang in die Withuis op Kleinbaai is die werk van Piet (“Walvis”) Petoors, ‘n taksidermis wat nou in Gansbaai woon. Vandat die jong walviskoei haar geraamte aan die publiek geskenk het en naby Pearly Beach aan wal gesleep is, totdat sy aan die Withuis se dakbalke opgehang is, het dit Piet meer as ses jaar besig gehou.
Vir Piet om die walvis se skelet so skoon te kry dat dit nie te erg stink nie en so sou bly, was ‘n ontsagilke en erg onwelriekende taak, wat hy darem op sy destydse kleinhoewe in Kraaifontein kon afhandel.
“Die laaste krieseltjie vleis moet van die bene af, anders weet jy vir ewig daarvan,” verduidelik Piet, “Gelukkig was daar ‘n plakkerskamp naby en ek het elke aand die plaashek oopgelos sodat die plakkers se brakke die laaste stukkies vleis kon afkou.”
Piet het by die Suid-Afrikaanse Museum in die Kaap gewerk en al die walvisgeraamtes wat vandag daar hang is sy werk. Hy vertel hoe hy een slag besig was om ‘n twee-week oue walviskarkas op Meklbosstrand uitmekaar te kap, toe sy voet gly en hy kop en pootjies binne-in die aaklige afval val.
Sy medewerkers het hom met ‘n tou uitgevis, sy klere van sy lyf gestroop en verbrand, en hom in ‘n kombers huistoe agterop die bakkie laat sit.
Vir weke daarna, vertel Piet, wat elke dag met die trein Kaap-toe gery het, het hy alleen gery. “Die mense het ingeklim, snuf in die neus gekry, onder hulle skoene gekyk tot hulle my gewaar het. Dan het hulle soos een man opgestaan en die wa aan my oorgelaat.”
Vir meer stories en informasie om betrokke te raak en/of jou storie in te stuur, besoek gerus ons webblad.
Gansbaai: Tussen Land en See - Walvis in die Neus
19 September 2013For those who have lived in or visited the quaint fisherman’s village of Gansbaai, it has secured itself a special place within our hearts. The friendly and welcoming residents makes you feel right at home and combined with the unspoiled nature, it truly is something special.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.