Die plaashuis op Panoroma, bokant Franskraal, het ‘n veelbewoë geskiedenis sedert dit in omtrent 1946 daar gebou is deur ‘n kommandant Fourie, wat ‘n Spitfire-loods in die oorlog was. Na sy dood is die huis deur ‘n bont verskendheid huurders bewoon. Dis tans ‘n restaurant, maar een van die kleurryke huurders aldaar was Hennie S, ‘n visserman, wat met sy gawe vrou en paar oulike kinders daar gebly het.
Hennie en sy swaer sit een Sondagmiddag op Panorama se agterstoep, Ek wat langs woon, was ook die naweek daar doenig om my huis.
Skielik klap daar ‘n skoot en die koeël trek ongemaklik na aan my verby, bergop. Ek stap toe teen helling op na my groen 2 500L watertenk en ontdek ‘n netjiese gaatjie waaruit ‘n straaltjie water spuit, deur sy sy geskiet.
Ek wou nie op die oomblik vir Hennie gaan aanspreek nie, want ‘n mens weet nooit of jy dalk sy stoere Voortrekkergees met onverkwiklike gevolge kan ontstel nie.
‘n Week of wat later besluit ek om die tenk (teen dié tyd leeg), te lap en dan sommer bietjie skoon te maak. Ek laat sak myself met besem en tuinslang deur die mangat in die tenk en skrop hom mooi skoon.
Nou wou ek uit, maar toe ek die rand van die mangat vasvat om myself op te trek, kom ek agter dat my elmboë nou noodgedwonge te ver weerskante toe uitsteek om my deur te laat. Ek was, kortweg, gevang soos ‘n rot in ‘n val en bowendien alleen op die plaas sonder selfoon.
Wat nou? Terwyl ek onder in die tenk sit en dink of ek die ding moet laat omkantel en dan bergaf daarin rol tot waar ook al, daag dit skielik by my op dat dit weer Sondag is, en dat Hennie en sy swaer miskien weerop op die stoep sal sit en drink.
Skielik verky my begeerte om uit te kom nuwe dringendheid. Ek gaan staan toe, ten einde raad en na baie probeerslae, reg onder die mangat, sak af op my hurke en spring, arms na bo gestrek, soos ‘n kaartman lyflik deur die gat, deur die genade net hoog genoeg om my elmboë verby die rand te kry.
Daar hang ek toe, boarms nerf-af, maar darem halflyf uit en gered; ek miskien van hongersnood en Hennie dalk van manslag…
Gansbaai: Tussen Land en See - Koeel Kalante
24 September 2013For those who have lived in or visited the quaint fisherman’s village of Gansbaai, it has secured itself a special place within our hearts. The friendly and welcoming residents makes you feel right at home and combined with the unspoiled nature, it truly is something special.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.