Fabian se aanvaller skuldig

Fabian se aanvaller skuldig

Gansbaai Courant

Aldreque (Ellie) Pieters (21) wat daarvan aangekla was dat hy in November 2011 vir Fabian Dunsdon (16) met 'n mes doodgesteek het, is Donderdag skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis.   

Fabian is op daardie noodlottige Vrydagaand in mnr Mervin Fick in Dahliastraat se motorhuis deur Pieters met 'n mes in die hart gesteek.

Volgens ooggetuies, waaronder twee van Fabian se nefies, het ‘n groep van sowat 10 vriende die aand daar saam sosiaal verkeer en na musiek geluister. Pieters het later volgens hulle beskonke daar aangekom en met ‘n mes na van hulle gespeel-steek. Hulle het vir hom gevra om die mes te bêre, wat hy toe ook gedoen het.  Volgens getuies het Fabian en een van sy nefies later na ‘n huiswinkel daar naby gegaan. Met hul terugkeer het Pieters weer die mes rondgeswaai en die nefie se hemp bo die skouer gesny.

Hy het ook na Fabian gesteek. Fabian het uit die garage gehardloop  en is net daarna buite met ‘n steekwond in die middel van sy bors op die grond gekry. Volgens getuies het Pieters toe uitsprake gemaak waartydens  hy erken  het  dat hy vir Fabian gesteek het.

Fabian was ‘n Grd 8 leerder by Academia en die personeel en leerders is geskok oor sy tragiese dood. Die hoof, mnr Tommy Wilson, het die Maandag tydens ‘n saalbyeenkoms Fabian se tragiese dood aan die leerders oorgedra.

Hy het gesê dat hy Fabian se dood as ‘n boodskap van waarskuwing sien. “Leerders moet bewus wees van die gevare daarbuite en daarop bedag wees,” het hy gesê.

Fabian se ma, Paulina, het hartseer vertel hoe sy dié Vrydagaand by haar ongestelde ouer broer se huis, nie ver van die moordtoneel af nie, gekuier het. “Fabian het vroeër die aand vir my ‘n trui by ons huis gaan haal omdat dit begin koel raak het. Ons het ooreengekom dat ons soos gewoonlik later saam terug huis toe sou loop. Toe ek egter teen 21:30 by Fick se huis verbyloop was die stoeplig aan, maar dit was doodstil.”  Paulina is toe huis toe met die verwagting dat hy reeds daar was. Sy en haar man, Fanie, het later gaan lê maar sou, soos enige ouers, nie maklik kon slaap voor hy nie tuis was nie.

Hulle het kort daarna die ontstellende nuus van haar broer gehoor en het hul na Fabian gehaas. “Ek het met my kind se kop op my skoot vir sy lewe gebid en kon nog ‘n flou polsie agter sy oor voel. Toe gaan die lewe uit sy oë,” het Paulina, bewoë gesê. Pieters is in die Strand se streekshof tot 8 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar opgeskort is gevonnis. "Ek glo egter dit was moord en nie stafbare manslag nie, want die nadoodse foto's het gewys dat die mes tussen my seun se ribbes en dwarsdeur sy hart & agteruit gesteek is. Dit was nie 'n prik-prik speletjie soos Pieters se vriend, Adi Appel, in die hof getuig het nie," het Fabian se ma Dinsdag gesê.                                              

Francois de Jongh

Foto 1: Wyle Fabian Dunsdon

Foto 2: Die bedroefde ouers, Paulina en Fanie Dunsdon met ‘n foto van wyle Fabian kort na sy sterfte.

Fabian se aanvaller skuldig

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant