Gansbaai Courant

Blog: Natuurreservaat nedersetting besteel

Published: 10 July 2014
By:Francois de Jongh

In Sondag se vroeë môre-ure is die klein gemeenskap van die PJ Gerber Natuurreservaat deur huisbrekers geteiken.

Tussen 02:30 en 04:30 is daar by 11 huise ingebreek en dit terwyl 3 eienaars tuis was. Een eienaar het gesê dat hy 'n baie ligte slaper is maar dat die inbrekers ten spyte daarvan goed langs sy bed gevat het. Hulle het ook klere uit sy kas gegooi. Televisiestelle, 'n klankversterker, 'n windbuks met 'n teleskoop, selfone en ander ware is gesteel. Die nedersetting is links van die grondpad tussen Franskraal Karavaanpark en Joli Fleur geleë.

Die saak word ondersoek en Spr Sers Leon Crafford kan met inligting by 028 384 0201 geskakel word.

Francois de Jongh

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...