Fynbos Festival Gansbaai

Fynbos Festival Gansbaai

Gansbaai Courant

‘n Splinternuwe fees gaan Gansbaaiers en toeriste vermaak in September – met aktiwiteite om die area se pragtige natuurskoon ten toon te stel. Die Funky Fynbos Fees vind plaas vanaf die 12de tot die 14de September 2014 in die Gansbaai omgewing. Dit sluit in opwindende aktiwiteite, van 4x4 roetes en bergfietsreisies, tot die meer ontspanne aktiwiteite soos wynproe, restaurante en musiek.

Die doel van die fees is om Gansbaai as ‘n toeriste bestemming te bemark en om al natuurskoon – van die fynbos, tot die walvisse – aan besoekers bekend te stel. Vir diegene wat in die Overstrand area reeds woon, is dit ‘n geleentheid om ‘n naweek in die natuur te geniet, en om die omgewing in ‘n nuwe lig te sien. Die fees is gerig op die hele familie van jonk tot oud, met aktiwiteite en akkommodasie wat almal se sak sal pas.

Ander aktiwiteite wat feesgangers gaan geniet sluit in fynbos stap roetes, ‘n fynbos uitstalling, perderitte, stalletjies, quad biking, ‘n varswater visvang kompetisie, musiek en vele meer. Die fees bied ook ‘n Bergfiets roete van drie verskillende afstande om van te kies: 41km, 30km en 10km as ook ‘n Trailrun van 30km, 10km en 6km. Vir inskrywings en meer inligting besoek gerus die Funky Fynbos Festival webwerf by www.funkyfynbos.co.za.

Die fees se sentralepunt is by die Uilkraals vallei, wat ‘n sirkel roete sal vorm om al die aktiwiteite en natuurskoon te kan beleef. Vervoer sal beskikbaar wees tussen die verskeie plekke op die sirkel roete om alle gebeurtenise en aktiwiteite maklik bekombaar te maak. Daar sal feeskaarte gedruk word met aanwysing na al die verskeie aktiwiteite en besienswaardighede in die vallei, as ook in die Gansbaai area.

Intussen bedank die Funky Fynbos Festival komitee graag almal wat  tot dus ver ‘n bydrae gemaak het tot die fees. Dit sluit in besighede soos die Gansbaai Toerisme Kantoor, WESGRO, Grootbos Private Nature Reserve, Gansbaai Marine, Lomond, Romansbaai Ontwikkeling, Platbos, Flower Valley Conservation Trust, Quad Explore, Strandskloof Karavaan Park, De Uiljenes, Uilenvlei, Saxon Lodge, Farm 215, Bhodi Khaya, African Horse Company, Panorama Restaurant, Benguela Restaurant, Marine Dynamics, Guiseppes, Coffee on the Rocks, Tuscany’s Restaurant en White Shark Diving Company.

Vir meer inligting oor die fees stalletjies en om ‘n uitstaller te wees kontak Morne van Deventer by mornevd@sswifi.co.za of Glenda Kitley by gansbaaimanager@telkomsa.net

Vir enige verdere navrae kontak Mariana Smal (fees koordineerder) – 0799510455 / info@overbergonline.co.za of Dave Sawtelle (komitee voorsitter) info@saxonlodge.com

Webtuiste: www.funkyfynbos.co.za of www.gansbaai.com

Volg ons op Twitter en Facebook.

Fynbos Festival Gansbaai

12-14 September 2014

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant