Stormweer vir Fotografieklub

Stormweer vir Fotografieklub

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms het pragtige foto’s, met die tema “Stormweer”, opgelewer. Elba Tredoux se foto by Gansbaai hawe is as die aand se wenfoto aangewys.

Die volgende beoordeling van foto’s sal op 18 Augustus plaasvind en die tema is “Oë/Eyes”. Tydens die vorige byeenkoms het die welbekende en bekwame Overbergse fotograaf, Wicus Leeuwner, as gasspreker opgetree.

“Wicus het vir ‘n puik en inspirerende aanbieding gesorg,” vertel Christo Wessels, voorsitter van die klub. “Dit het hoofsaaklik uit twee AV's (audio/video) vertonings bestaan, asook 'n hele aantal van sy fotos wat hy bespreek en in meer diepte behandel het.” Wicus het klem daarop gelê dat fotos nie net geneem moet word nie, maar dat die emosie en gevoel wat in die foto weerspieël word, belangriker is as al die tegniese aspekte van die foto. “Daar moet dus 'n betekenis agter elke foto wees.” Hy het pragtige AV's van veral die Overberg en Namibwoestyn se unieke natuurskoon gewys, waarna hy in detail op die neem van landskapfotos gefokus het.

Christo sê van die aspekte wat bespreek is, is onder andere: Lig en die effek van kleur op emosie; Lyne en kontoere om jou oog en fokus in die foto in te trek; Natuurlike sirkels wat volledigheid weerspieël en die aandag trek; Tekstuur vir gevoel; Perspektief wat diepte en selfs 'n derde dimensie aan 'n twee-dimensionele foto gee; Natuurlike driehoeke wat ‘n foto bind en stabiliteit gee; Landskapfotos wat in drie gelyke dele verdeel kan word; Die voorwerpe van ‘n foto moet gebalanseerdheid tot gevolg hê; Hoogte moet verkry word en fotos moet nie net op een hoogte geneem word nie. Christo het gereël dat Max Leipoldt van Hermanus as gasspreker vir die byeeenkoms op 4 Augustus sal optree.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word. 

Hardus Botha

Stormweer vir Fotografieklub

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant