Roman oor die nuwe Suid Afrika

Roman oor die nuwe Suid Afrika

Gansbaai Courant

Die Overbergse skrywer, Piet Schoombie, se jongste boek Vreemdeling in my Vaderland, is pas gepubliseer.

Dit is die skrywer se vyfde publikasie en handel oor baie Suid-Afrikaners se wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Die meeste lesers sal bekend wees met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal.

Dit handel oor 'n jong siviele ingenieur wat, as gevolg van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, sukkel om 'n werk in SA te kry.

Gelukkig is sy kundigheid in die buiteland sterk in aanvraag en hy ontvang verskeie gunstige werksaan-biedinge.

Sy besluit of hy oorsee moet gaan al dan nie, word egter bemoeilik deur sy liefde vir en lojaliteit teenoor sy vaderland.

Dié verhaal het allermins ten doel om SA in 'n oordrewe swak lig te stel. Inteendeel, daar word gepoog om die heersende omstandighede in die land lewensgetrou voor te stel en 'n gebalanseerde beeld van die politieke en sosiale spektrum weer te gee.

Positiewe aspekte van versoening en samewerking tussen karakters uit verskillende bevolkingsgroepe kom ook in die verhaal na vore.

Die boek is by Gansbaai Book Exchange en by www.groep7-selfpublish-books.co.za verkrygbaar.

Roman oor die nuwe Suid Afrika

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant