Gansbaai Courant

Blog: Bom se borgtog ingetrek

Published: 18 September 2014
By:Francois de Jongh

Steven Speelman (Bom), wat daarvan aangekla is dat hy sy houvrou, Heidi Arendse, op 26 Augustus met 'n mes doodgesteek het en op borgtog vrygelaat is, is weer gearresteer. Hy het na bewering vir Henry John op wie se erf sy karavaan staan oor die mesdoodberig in die Courant gedreig.

John het Maandag in Hermanus se Landdroshof getuig hoe Speelman oor die berig in die Courant vir hom gesê het: "Wat gaan hier aan. Hou jou hier uit want jy gaan nog seerkry."

Bom het aan die hof gesê dat hy nie geweet het dat John 'n staatsgetuie is en dat hy nie met hom kontak mag hê nie.

Hy het egter wel erken dat hy wel vir John wou dreig. Speelman se borgtog is ingetrek en die R2000 borggeld is aan  die staat verbeerd verklaar. Hy sal in Oktober weer in die hof verskyn en bly in aanhouding.                  

Francois de Jongh

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...