DIE DOOIES LEEF

DIE DOOIES LEEF

Gansbaai Courant

Die dooies is nie dood nie. Hulle is daar in die digte skaduwees, het die digter Birago Diop gesê. Solank ons die dooies onthou, leef hulle. Dit is die mening van SD Fourie, skrywer van die Strandveld. Kom staan saam met SD bo in die koepel van Danger Point se vuurtoring en kyk uit oor die Strandveld en die see. Luister na die gedruis van die branders wat skuimkop breek oor die Birkenheadrots terwyl sy die storie van die lanternswaaier en dié se nageslag aan jou oorvertel.

Dis meer as 'n 100 jaar later – die lanternswaaier is al lankal vergete, maar op ʼn amper spookagtige wyse verskyn die dagboeke, briewe en foto’s van Hagelkraal se mense. Hulle tree byna soos skimme uit die verlede, meld hulle aan by Hanna Bagiano, die weeskind wat op die spoor van haar voorgeslag, die hele drama van lewe en dood herleef.

Hanna se ouma, Maryna Lourens, het haar tydens die Vuurtoringfees as kleindogter ontken. Daarom is dit te verstane dat Hanna nie ooghare vir haar ouma het nie. En tog, ʼn prokureursbrief in opdrag van haar ouma stuur nou vir Hanna met die belofte van ʼn erflating op ʼn oorsese reis en terug die verlede in.  

… want jy moet op die spore van my voorgeslag terugloop. Maak jouself ontvanklik vir die stemme van lank gelede sodat jy die geheim van jou eie verlede kan ontsluit. Dit is die nalatenskap wat Maryna vir Hanna in ʼn ou brief los.

Luister na die legendes van die streek; die skepe wat deur die lanternswaaier na hul watergraf gelok is; die vloek van ʼn sterwende matroos wat geslag na geslag weer opduik. Die sterk vroue van die Strandveld wat nie durf praat nie. Hulle wat die skandes begrawe en swyg oor die verlede.

SD Fourie se tweede roman, Die dooies leef, het pas verskyn. Dit volg op haar gewilde debuutroman, Die Lanternswaaier, wat onlangs op RSG voorgelees is.

In Die dooies leef roep die skrywer daardie stuk lewe weer helder en duidelik op. Jy as leser swerf saam met Maryna van Hagelkraal na Vissersdrift, die spogplaas van die Lourense. Jy beleef die sleepmis wat snags oor die vlei kruip, en jy hoor die klap van perdepote wanneer ’n geheimsinnige ruiter deur ’n toe hek jaag.

Beleef die eiesoortige taal en kultuur van die streek. Ontmoet weer vir Sefietjie, die kruievrou, en Spietjieriet, die bruin vrou met haar matelose liefde vir Maryna.

Maryna wat, soos haar voorgeslagte nie ware liefde vind nie, maar met haar eiesinnige streek sorg vir ʼn paar snaakse insidente. Lees weer die ou briewe van soldate uit twee wêreldoorloë, liefdesbriewe uit ‘n ander era en dagboekinskrywings van vroue wat jou hart sal raak.

Hanna reis nie net in die verlede terug nie, sy reis ook al dieper deur die kamers van haar eie hart. Sy ontmoet vir Martin wat ook besig is om sy eie verlede te probeer ontrafel. Sal hulle saam die ontwykende liefde van die verlede kan vind?

Die dooies leef word vanaf hierdie week deur Naledi uitgewers in die handel versprei en is reeds beskikbaar by Franskraal Museum en binnekort by Gansbaai Book Exchange

DIE DOOIES LEEF

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant