Tevrede nuwe Intrekkers

Tevrede nuwe Intrekkers

Gansbaai Courant

Die eerste “nuwelinge” van Elim se Gansbaai Huis (Dagsorg) in Kerkstraat (langs Gansbaai Superspar) het op Maandag, 22 September 2014 ingetrek. Gansbaai Superspar het gesorg vir ‘n yslike verwelkomingskoek.

Die Gansbaai Huis is op Saterdag, 23 Augustus 2014 amptelik tydens ‘n prestige-geleentheid geopen. Daar bestaan egter steeds bepaalde behoeftes vir die 17 kinders, soos veral toiletware en kruideniersware of enige ander vorm van ondersteuning. Past Frikkie Zeelie is voluit betrokke en tree ook op as die koördineerder van donasies en skenkings in Gansbaai. Hy kan by 082-498-6992 geskakel word. Belangstellendes vanuit die gemeenskap wat daar wil gaan “inloer”, is welkom gedurende weeksdae vanaf 10:30 tot 11.30. Nog ‘n persoon wat ‘n enorme rol in die verkryging van die huis gespeel het, is Ewald Langeveld van Gansbaai Aida.

“Die huis was onbewoonbaar, verniel en beskadig en daar was ‘n enorme hoë verband uitstaande, asook ‘n baie groot bedrag aan agterstallige munisipale rekeninge,” vertel Ewald. Op versoek van Suster Lesinda Cunningham van Elim Huis, het Ewald met aanhoudende pogings begin om die huis vir hierdie projek teen ‘n billike bedrag beskikbaar te kry. Vele wipplankry-onderhandelinge met die betrokke bankgroep is sedert Desember 2013 deur Ewald gevoer, asook vele skriftelike versoeke met gereelde negatiewe antwoorde. Hy het hulle onder andere daarop gewys dat dit vir ‘n welsynsorganisasie is, wat bereid is om hulle offer kontant te betaal en ook onderneem om alle herstelwerk op hulself te neem.

“Met geen daadwerklike optrede gaan daar niks oorbly om te verkoop nie,”, het hy gemotiveer. Sy pleidooie het telkens op dowe “besigheids”-ore geval, maar Ewald het nie moed verloor nie. Hy het ‘n finale kontantaanbod opgetrek wat aanvaar is, met die wiele wat aan die rol gesit kon word.

Hardus Botha

Tevrede nuwe Intrekkers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant