Gansbaai Courant

Kernreaktor onafwendbaar

Kernreaktor onafwendbaar

Gansbaai Courant

Die moontlikheid van 'n kernkragsentrale by Gansbaai het die afgelope tyd weer sterk na vore getree met die bekendmaking van 'n ooreenkoms van die Suid-Afrikaanse regering met die Russiese kernkorporasie, Rosatom. Volgens dié ooreenkoms sal Rosatom agt kernreaktors teen $50 miljard (R559 miljard) in Suid-Afrika bou.

Dié ooreenkoms is tydens die Internasionale Atoomenergie-agentskap konferensie in Wene, Oostenryk, deur Tina Joemat-Petterson, Minister van Energie, en Sergei Kirienko, Direkteur-Generaal van Rosatom, onderteken. Rusland sal na bewering die kragsentrales op eie koste bou en self bedryf totdat die inkomste uit kragverkope die oprigtingskoste betaal het. Vrese bestaan dat dit tot groot elektrisiteitstariefverhogings kan lei.

Volgens die regering word soortgelyke samewerkings-ooreenkomste met Frankryk, Korea en China gesluit. Die regering het hom reeds by verskeie geleenthede oor die afgelope jare tot die ontwikkeling van kernkragsentrales verbind.

Reeds in September 1999 het die Courant berig dat Tony Stott, Senior Ingenieur van Eskom, tydens 'n vergadering in Hermanus bevestig het dat Bantamsklip naby Pearly Beach, aangekoop is met die uitsluitlike doel om 'n kernkragsentrale daar aan te lê.  Eers sou dit 'n "Pebble Bed Modular" kernreaktor wees maar dit is laat vaar vir 'n konvensionele kernreaktor.

Die omgewings impakstudie van Bantamsklip is reeds deur die assessor, Gibb, afgehandel. Bantamsklip is geskik bevind vir die aanleg nadat Transmissie-integrasie, seismiese geskiktheid, duinemorfologie impak asook dié op vleilande ingesluit. Daar is ook gekyk na potensiële bewaringsvoordele, impak op erfenishulpbronne, ekonomiese impak sowel as dié op die fauna. Van die interessanthede van die ondersoek is dat geen seismiese diskwalifiseerders aangetref is nie. Die terrein is verder ook op 'n stabiele vlakte ver van onstabiele hellings. Geologies is daar dus geen sensitiewe areas wat by Bantamsklip vermy moet word nie. Die impak op duinmorfologie by Bantamsklip kan buite rekening gelaat word want daar is geen bewegende duine op die terrein nie. Bantamsklip sal volgens die studies min impak op plantespesies ervaar aangesien die ekosisteme daar redelik algemeen langs hierdie gedeelte van die kuslyn voorkom.

Die kragstasie moet egter dan in die oostelike helfte van die terrein, weg van die kalksteen fynbos, geplaas word.

Wat die impak op vleilande aanbetref sal die kernreaktor nie die hoogs belangrike Groot Hagelkraalrivier en sy syferkolle en vleilandvoedingstrome raak nie.  Die gebied na die binneland van die R43 word verder beskou as ideaal vir ‘n natuurbewaringsgebied, veral met die oog op gewerwelde landdiere.

Die moontlike impak op mariene biologie, wat ‘n groot bekommernis vir die haai en perlemoenbedryf is, is ook deeglik ondersoek. Die grootste gevaar vir die ontwrigting van die mariene omgewing is weens neerlegging van sediment en die vrylating van verhitte verkoelingswater in die see. Om die ekologiese impak op perlemoen by Bantamsklip te verminder, word daar in die verslag aanbeveel dat afval net in plekke in die diepsee gestort word. Verhitting van seewater kan versag word deur ‘n tonnelontwerp vir die vrystellingstelsel met veelvuldige vrystellingspunte wat sal help om die oortollige hitte te versprei. Die potensiële oseanografiese impak weens konstruksie is ook deeglik ondersoek en daar word voorgestel dat die wegdoening van afvalmateriaal by Bantamsklip met kanaaltonneluitlate in die diepsee moet geskied. So sal dit wolke gesuspendeerde sediment in die Dyer Eiland haaitoerisme gebied voorkom.

Op ekonomiese gebied sal daar volgens studies ‘n groot positiewe gevolg wees vir die Gansbaai omgewing.

Op sosiale  vlak is die belangrikste potensiële negatiewe effek wat kan ontstaan die akkommodasie van tydelike werkers tydens konstruksie en die toestroming van werksoekers, waarvan baie onsuksesvol sal wees. Dit kan lei tot kompetisie vir werksgeleenthede en moontlike konflik met plaaslike gemeenskappe. Sosiale euwels en ‘n groei in onwettige en kriminele aktiwiteite kan ook nie uitgesluit word nie. Die konstruksiefase van Bantamsklip sal ook ‘n groot impak op die verkeersnetwerk hê aangesien al die toegangroetes vir die gebruik van swaar voertuie verbeter sal moet word. 

In die lig van die land se toekomstige behoefte vir elektriese krag, Eskom se beplanningsbeleid en die buitelandse ooreenkomste kan verwag word dat Bantamsklip wel binnekort ontwikkel sal word.

Francois de Jongh

Kernreaktor onafwendbaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant