Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
2014 se matrikulante het gegroet. Die eerste groep wat die volle siklus vanaf graad agt voltooi het sedert die skool in 2010 geopen het. Dit was ‘n emosionele, maar ook vreugdevolle dag. Die leerders het by Gansbaai Wimpy bymekaar gekom vir ‘n heerlike ontbyt. Daarna was die gebruiklike “dorploop” met die Verkeersdepartement se wakende oog op die prosessie. Die leerders het by die skool hul eksamennommers ontvang en is vir oulaas gemotiveer vir die groot eksamen wat voorlê.
Die ouers het ‘n klein funksie na die tyd bygewoon met eetgoed deur Knapsak verskaf en ‘n pragtige koek deur Gansbaai OK Foods. Die skool wil ook net ‘n groot dankie sê aan die Skoolbeheerliggaam en hulle aandeel aan die besondere dag. Die matrikulante het ook hul waardeering uitgespreek teenoor Mev Carien Fortuin (graadhoof), Mev Mona Matthews en Mnr Wilton Phillips (register-onderwysers) en natuurlik “Big Daddy” Mnr Wilson. Die skool kan ook nie genoeg dankie sê aan die gemeenskap van Gansbaai nie, want sonder hulle is daar niemand wat skool se arms hoog hou nie. Die matrikulante het alreeds hul eerste vak, RTT – Prakties op Maandag 20 Oktober geskryf. Die algemene gevoel onder die leerders was dat die vraestel billik en lekker was.
Liezel Mostert
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...