Trofee kom Gansbaai toe

Trofee kom Gansbaai toe

Gansbaai Courant

Overberg Rots- en Strandhengelklub het verlede naweek op Stilbaai aan die jaarlikse hengel kompetisie teen Stilbaai klub deelgeneem. Reeds van Donderdagaand af het die manne van Gansbaai met blink stokke, ge-oliede katrolle en vars (vrot) aas opgetrek Stilbaai toe. Terwyl Leibrandt Vrydag die nodige inkopies gedoen het, het die res van die klub solank die hengelareas  verken want daar was nie sprake daarvan dat ons weer soos verlede jaar stert tussen die bene huis toe gestuur sou word nie.

Al drie-en-veertig  stuks van Gansbaai het op Jongensfontein tuisgegaan waar die vure vroegaand aangesteek is. Voor die potte opgesit is moes ons net eers op Stilbaai gaan inskryf en luister volgens watter reëls daar gehengel sou word. Ons het die manne van Stilbaai ontmoet en was half ontsenu om te sien wie die volgende dag in hulle span sou hengel. Daar was 2 Springbokke, 1 junior Springbok, 2 Sprinbok B- en verskeie Suid-Kaap hengelaars in hulle midde!! Dan is Stilbaai ook nog die kampioenklub in die Suid-Kaap en gaan einde Oktober aan die nasionale klub kampioenskappe deelneem.

Terug by die kamp op Jongensfontein het ons om die potte gaan sit en die volgende dag se hengel bespreek. Elkeen het sy opinie geopper en is daar besluit wie sou waar gaan hengel. Ons is maar vroeg kooi toe want die manne wat Blombos gaan hengel het moes al 03h30 uit die vere wees. Ons is deur 'n pragtige oggend begroet en teen 06h00 was die lyne in die water.

So teen 06h05 was Stilbaai net so links van my vas met 'n mooi vis. My hoop dat hy die vis moes verloor het ongelukkig beskaam en het die Stilbaaier 'n pragtige 6,5 kg mosselkraker, of soos hulle dit noem, 'n beenbek, geland. Gelukkig kom die tyding so teen 07h30 deur dat Oubaas Lesch ook 'n jong mosselkraker en 'n witsteenbras geland het. Die res van die dag kry ons net tydings van vis wat deur die Stilbaaiers geland word. Die skale sou om 16h00 sluit en teen 14h30 het ons nog geen tyding van Blombos af gekry nie. Teen 15h00 kom die sms’e deur dat daar mooi vis op Blombos uitgekom het.   

Net voor die skale sluit arriveer Gansbaai se Arno van der Merwe, Sihan Toua, Morne Olivier en Henry Smit met hulle vangste. Al die vis is “kring” toe waar dit gemeet, geweeg en op die kaarte aangeteken is.

Die prysuitdeling is eers 19h00, gelukkig is daar 'n “pawiljoentjie gemaak” in die klubhuis waar ons die dag se rugby op die “bigscreen” kon kyk. Met genoeg koel verversings en pittige opmerkings oor die “ref” was die moegheid gou vergete en het dit plek gemaak vir lekker lag en gesels.

Uiteindelik neem Willie Welman, Stilbaai se voorsitter, die mikrofoon en maak daarmee 'n einde aan die gewag. Eers word die individuele pryse aangekondig: Arno van der Merwe met sy 2 galjoene van 48 cm en 56cm, Oubaas Lesch met sy mosselkraker en witsteenbras en dan die individuele wenner, Morne Olivier van Overberg met sy galjoene en kolsterte.

Dan kondig Willie aan dat Overberg die wenklub is en vir die volgende 12 maande die houer van die gesogte wisseltrofee is.  Nodeloos om te sê dat daar tot laat gebraai en gevier is!! Frans Claassen, Overberg se Voorsitter, het ook tydens sy toespraak die geleentheid goed gebruik om Stilbaai se neuse behoorlik in die sand te vryf. Hy het ook Stilbaai bedank vir hul gasvryheid en ook die borge van die naweek bedank, nl Jan de Kock; Niël van Niekerk; Kuilsrivier Battery Centre; en Overstrand Makelaars. Sondagoggend eers 'n lekker ontbyt, nabetragting en toe terug Gansbaai toe met die Trofee.

Klub korrespondent

Trofee kom Gansbaai toe

Klub Korrespondent

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant