Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

Gansbaai Courant

 Dames en gaste van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders het op 14 Oktober 2014 gesellig met “woord en kuns” saamgekuier. Elizma de Lange van die klub vertel dat Hettie Oosthuizen almal met ‘n prettige voorlesing van “Die Koei”, geskryf deur ‘n laerskoolleerder, vermaak het.

“‘n Mens kan jou maar net dié prentjie voorstel as dit eindig met ‘en as die koei vas in jou oë kyk, moet jy hardloop, want dan is dit ‘n bul….’,” vertel Elizma. Terselfdertyd kon die besoekers hulself verlustig in ‘n uitstalling van skilderye deur Olga Swanepoel en haar leerlingkunstenaars. Olga het aan die dames vertel hoe haar belangstelling in kuns ontstaan het uit haar werk in die Botaniese rigting toe sy aanvanklik verskillende plantspesies geteken het. “Waarom skilder ‘n mens? - Omdat jy wil en omdat jy dit geniet en in die proses vergeet jy van al jou sorge,” het Olga van “Kwaskanades” gesê.

Volgens Olga het elkeen sy/haar eie styl, en het met die skilderye wat sy saamgebring het, geïllustreer hoe die skilder deur ou skilders soos Van Gogh, Irma Stern en Pierneef geïnspireer word om hulle werke en styl te bestudeer. “Met die pragtige skilderye in die agtergrond, heerlike verversings, tee en goeie geselskap is die oggend genoeglik afgesluit,” sê Elizma. Die verantwoordelike gasvrouens vir die byeenkoms was Anita Huisamen en Annette van Zyl.

Vir Bietoubos-navrae kan Annette van Zyl (voorsitter) by 028-384-1075 gekontak word.

Hardus Botha

Bietoubossers kuier met Woord en Kuns

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant