Mamma Mia in Stanford

Mamma Mia in Stanford

Gansbaai Courant

 “Soos belowe tydens Laerskool Okkie Smuts se prysuitdelingsaand van 2013, het ons vanjaar ‘n ‘musical’ aangepak, en was dít nou vir jou groot pret gewees,” vertel Felicity Beukes van Laerskool Okkie Smuts.

“Na maande se ‘blood, sweat and tears’ was dit uiteindelik tyd om ons eie Mamma Mia op die planke te kry.” Sy sê die opgewondenheid, maar ook die bang wees, was groot aangesien daar op die Donderdagaand buite die gordyne ‘n saal vol mense gesit en wag het. Tydens die Gala-aand op die Vrydagaand was die saal nie so vol nie, maar die gaste het vir ‘n drie-gang maaltyd by pragtige versierde tafels aangesit. Wat die opvoering des te meer besonders gemaak het, is dat alle leerders, met die uitsondering van 6 nuwe leerders, aan die musiekblyspel deelgeneem het.  

Die hoofkarakters is deur die Gr 7’s vertolk, aangesien dit hulle laaste jaar is in die laerskool is. Die res van die leerders is almal in klasse opgedeel wat met elke liedjie die verhoog laat lewe het, ingesluit danspassies, draaie en swaaie.

“Baie dankie aan die ouers en gemeenskap wat die skool so wonderlik ondersteun het,” sê Felicity. “Ons het sowat R15,100 wins gemaak en elke leerder verdien ‘n groot applous vir sy/haar deelname - julle was ware sterre!”

Hardus Botha

Mamma Mia in Stanford

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant