Watersuiwering vir BBos

Watersuiwering vir BBos

Gansbaai Courant

 “Die beplanning van hierdie projek het ‘n hele paar jaar gelede reeds begin, om te verseker dat daar genoeg drinkwater van goeie gehalte vir die inwoners van Baardskeerdersbos vir die toekoms van hierdie juweeltjie in die Overstrand beskikbaar is,” het rdv Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burge-meester, tydens die amptelike ingebruikstelling van Baardskeerdersbos se Watersuiweringswerke gesê. “Die projek is oor ‘n periode van 16 maande voltooi, teen ‘n totale koste van R7 miljoen, wat in geheel deur die Overstrandse Munisipaliteit gedra is.”

Onder die gaste teenwoordig op 27 November 2014, was onder andere raadslede, die Munisipale Bestuurder, direkteure, lede van die projekspan, lede van die Baard-skeerdersbos Belastingbetalers-vereniging en Leiwaterkomitee, mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie en munisipale amptenare. Rdv Botha-Guthrie het ook gesê met die voltooiing van die projek, wat die ontwikkeling van boorgate ingesluit het, is Baardskeerdersbos nou minder vatbaar vir die risiko van droogtes as voorheen toe die dorp in geheel van die Boskloof-stroom vir water-behoeftes afhanklik was. Die nuwe Watersuiweringswerke is die derde membraan-aanleg in die Overstrand area, naas Pearly Beach en De Kelders en al drie val binne die Gansbaai-administrasie se gebied. Die operasionele personeel beskik dus reeds oor deeglike ervaring van hierdie tipe stelsels.

Water word reeds sedert Julie vanjaar deur die nuwe suiweringsaanleg geproduseer en voldoen aan die streng vereistes van die Departement van Waterwese en Bosbou se “Blou Druppel” standaarde. Sowat 39 mense vanuit die omgewing het tydens die konstruksie by werkskeppingsgeleenthede baat gevind.

Die Burgemeester het bevestig dat die Overstrandse Munisipaliteit en sy personeel alles in die stryd sal werp om te verseker dat die “Blou Druppel” status in die toekoms by die Nasionale Departement van Water en Sanitasie verwerf sal word. “Hierdie uitdagende projek is, danksy die toewyding en kundigheid van die projek-span, suksesvol afgehandel en ons is baie trots op die finale produk, asook die wyse waarop dit inpas in die pragtige landelike omgewing van Baardskeerdersbos,” het rdv Botha-Guthrie gesê. Me Helena Swart het ook namens die Baardskeerdersbos Inwonersvereniging hul opregte dank en waardering tydens die openingsgeleentheid uitgespreek. Gansbaai se Areabestuurder, mnr Kat Myburgh, het tydens die geleentheid sy waardering uitgespreek vir die enorme verbetering van drinkwater kwaliteit aan die inwoners van Baardskeerdersbos. Hy kon homself herinner aan die gehalte van die drinkwater wat vir die eerste keer in 2004 in 'n pypleiding aan inwoners van Baardskeerdersbos voorsien is. Die inwoners was opgewonde en het groot waardering gehad vir die "bruin" water wat hulle uit ‘n kraan kon tap. “Vandag kan hulle spog met drinkwater wat aan bloudruppel standaarde voldoen,” het hy gesê.                                                              

Hardus Botha

Watersuiwering vir BBos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant