Hermine 80 jaar jonk

Hermine 80 jaar jonk

Gansbaai Courant

Dit word gereeld van senior burgers gesê dat hulle 70- of 80 jaar “jonk” is. In die geval van Hermine Groenewald, wat op 14 Desember haar 80ste verjaardag gevier is, is dit letterlik die geval - daar is geen einde aan haar energie nie.

Naas vele bedrywighede voorheen, is sy steeds bedrywig as lid van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se Beheerliggaam (verteenwoordiger van die inwoners), Diens van Barmhartigheid, Badisa en die NGK Kerkraad, om enkele aktiwiteite te noem. Hermine is op 14 Desember 1934 in Saldanha gebore en het ten tye van die Tweede Wêreldoorlog grootgeword, “met my geboortedorp wat in ‘n militêre-kamp omgeskakel is.”

Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Vredenburg en was Eerste Hoofdogter, Leier van die Leerlingraad en dien as voorsitter van die Christelike Studenteverening, asook die Landsdiensbeweging. Op 23 Mei 1956 tree sy met Jan Witman Groenewald in die huwelik. Hy is op 9 Mei 2012 in die ouderdom van 81 jaar oorlede, met hulle huweliksjare op daardie stadium as 56 jaar. Drie kinders is uit die huwelik gebore: Jolette Bezuidenhout, Louis Groenewald en Corinne Swart, “met 3 grootmaakkinders wat soos my eie is, naamlik Coleen Groenewald, Elaine Groenewald en Bennie Groenewald. Tussen die ses van hulle het Hermine 13 kleinkinders, maar agterkleinkinders ontbreek nog. Hermine is reeds sedert Maart 1963 (sowat 41 jaar) ‘n volbloed Gansbaaier. Familie, kinders, kleinkinders en vriende het haar verjaardag saam met haar in die Great White House in Kleinbaai gevier en die aand is terdeë deur almal geniet.                                                                 

Hardus Botha

Hermine 80 jaar jonk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant