Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Renoster het op Dinsdag, 23 Desember 2014 sy verskyning op Franskraalstrand gemaak, maar teen laataand het dit soos mis voor die son verdwyn.
Die “geheimsinnige” renoster se verskyning het die koppe behoorlik laat draai. Die ou grote is op Franskraalstrand van sand gebou en sy “skeppers” is Hendry Erasmus, Freddie Swart en Steven Erasmus wat sowat 4½ ure aan hom gebou het. Voor die sandrenoster is die woorde, “Save Our…” met gladde klippies uitgepak.
Die gesinne, Swart en Erasmus (familie van mekaar), het saam kom vakansie hou en die res van hulle het gesellig onder die skuiling gekuier terwyl die bouers hard aan die werk was. Een van die dames het die renoster nat gehou om hom nie te laat verbrokkel nie. Die Erasmus-familie is van Secunda in Mpumalanga, met die Swart-familie wat in Worcester woon. “Ons twee familie-groepe was laas in 2007 bymekaar, ook hier in Franskraal, en daardie jaar het ons ‘n groot walvis op die strand gebou,” het Wayne Swart gesê. Met die tong in die kies is teruggedink aan wyle dr Francois du Preez se fonds van ‘n kopbeen in die baai kort voor Danger Point Ligtoring, wat later deur prof Brink van die Universiteit van die Vrystaat as die kopbeen van ‘n swart renoster geïdentifiseer is.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...