Oujaarsdans soos min

Oujaarsdans soos min

Gansbaai Courant

Die bekende en gewilde Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse Oujaarsdans op Woensdag, 31 Desember 2014, was weer eens ‘n groot sukses en baie gesellig, met die klub se saal wat stampvol was.

Tydens die opening van die aand, het voorsitter Phillip Fourie gesê die belangstelling vir vanjaar se Oujaarsdans was so groot, dat almal wat wou kom nie geakkommodeer kon word nie, ondanks die feit dat nog twee tafels agterna inderhaas voorberei is. Die saal is weer eens pragtig deur Anita Botha versier, met Philip en Lorrainne Fourie, Manie van Dyk en Hardus Botha wat haar bygestaan het.

“Toe ek na die mooi windpompe en dammetjies as deel van die tafelversierings kyk, het ek vir Anita gevra wat is die idee daaragter,” het voorsitter Philip Fourie aan die gaste gesê. “Sy het geantwoord dat die windpompe en dammetjies water simboliseer, met water wat lewe beteken - dus kyk ons vanaand na ‘n Nuwe Jaar met ‘n Nuwe Lewe.” Ook as deel van die tafelversierings, was outydse parafienlampglase wat netjies in gipsvorms, wat deur klublid Thys Fourie vervaardig is, gepas het, met brandende versierkersies binne.

Die geselligheid se fokuspunt was net gerig op gesellige samesyn, saamkuier en dans dat die “stof” so staan, met Piet van Zyl wat vir die Musiekfabriek verantwoordelik was en Ralph Gibbs wat as kroegman gesorg het dat almal se dors geles word. ‘n Pragtige hamper met ‘n waarde van ±R650 is deur Christo Spanellis van Hermanus Liquor Store in Gansbaai aan die klub geskenk. Johan Wiese het kaartjies beskikbaar gestel en vir Elsabé van der Merwe genooi om die gelukkige kaartjie te trek.

Die uiteindelike wenner was Awie van der Merwe van Kleinbaai. Die trekking van die gelukkige nommers het egter ‘n interessante verloop gehad: Die eerste wenner was Ingrid Wiese….en die tweede wenner was wéér sy. Dit is Johan en Suzette Wiese se skoondogter en sy en haar eggenoot, Johan, was hier met vakansie. Aangesien die geskenkpak nie saamgeneem kan word nie, het Ingrid dit telkens teruggegee en Awie het dit toe gewen. Kan ‘n man dan só gelukkig wees?!

Hardus Botha

Oujaarsdans soos min

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant