De Kelders & Perlemoenbaai Belastingbetalers

De Kelders & Perlemoenbaai Belastingbetalers

Gansbaai Courant

Soos alle streke in die omgewing, het De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalers- en Inwonersvereniging ook hul Algemene Jaarvergadering (AJV) gedurende Desember 2014 gehou. In sy Voorsittersverslag (2014), het Jannie Botha die nuutverkose raadslid, Riana de Coning, spesiaal verwelkom, terwyl hy ook sy waardering vir getroue ondersteuning teenoor die uitgetrede raadsheer, Pieter Scholtz, uitgespreek het. Hy het ook Gansbaai se Area Bestuurder, Kat Myburgh en sy personeel bedank vir hulle volgehoue ondersteuning en hulle ook gelukgewens met verskeie toekennings wat hulle ontvang het.

Gansbaai Courant is ook bedank vir onpartydige beriggewing gedurende die jaar. Daarna het hy etlike positiewe bedrywighede van die vereniging gedurende die jaar uitgelig. Steve Celliers (sekretaris) meld dat die volgende besprekings/besluite tydens die AJV uitgelig is:

(1) Die finale De Kelders toerismenodale-ontwikkelingsvoorstel van die Overstrand Munisipaliteit het lewendige bespreking uitgelok en daar is besluit dat die verslag na ‘n spesiale vergadering van geaffekteerde inwoners vroeg in Januarie vir ‘n finale besluit verwys word, terwyl daar ook ‘n versoek was dat ‘n meer visuele aanbieding die verslag moet ondersteun.

(2) ‘n Voorstel waarin versoek word dat die Overstrand Munisipaliteit ‘n toekomsvisie vir die Gansbaai SBG moet voorlê, is aanvaar.

(3) ‘n Verslag wat die totstandkoming en werksaamhede van die Whale Coast Development Forum (WCDF) verduidelik, is voorgelê en hierdie forum is verteenwoordigend van BBV’s in die Overstrand.

(4) ‘n Uitgebreide verslag met stawende dokumentasie is aan die vergadering voorgelê wat daarop dui dat munisipale tariewe die afgelope vyf jaar vir ‘n gemiddelde huishouding waarvan, die waardasie R1,000,000 is, met gemiddeld van 7.2% bo die VPI of inflasie gestyg het.

(5) Inwoners in gebiede waarvan die strate na vyf jaar (en nog meer) nie geteer is nie, het hul misnoeë te kenne gegee oor die prioriteite wat die Overstrand Munisipaliteit stel.

Die nuutverkose Bestuur vir 2015 is: Jannie Botha (voorsitter), Rodney du Plessis (ondervoorsitter), John Collings (tesourier) en Steve Celliers (sekretaris), met addisionele lede as Alec Kitley, Johan Pieterse, Ingrid Artbutnot, Adli Naude, Alan van Zyl en dr Liesl Trollip. Gerda Wessels sal maandeliks, as voorsitter van die Gansbaai BBV, die komitee se vergaderings bywoon.

Vir navrae en/of algemene inligting kan voorsitter Jannie Botha by 082-573-1100 of 028-384-1993 geskakel word.

Hardus Botha

De Kelders & Perlemoenbaai Belastingbetalers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant