Gansbaai Courant

Blog: Inbreker steel rondom kinders

Published: 22 January 2015
By:Francois de Jongh

Oud-inwoners van Gansbaai, Jaco en Suné Boshof, het die afgelope naweek groot skade gely. 'n Dief het Saterdagnag deur 'n kombuisvenster goegang tot die huis, waar hulle die naweek in Van Dykstraat, Kleinbaai, gekuier het, gekry. "My twee dogtertjies en hul niggie het in die sitkamer geslaap toe die inbreker doodluiters tussen hulle rondbeweeg het en 'n klomp goed gesteel het. Onder andere is Jaco se bruin Guess leerbeursie en sy karsleutels gesteel. Só ook 'n Samsung S5 en 'n Black Berry selfoon, 'n Ipad, skootrekenaar en twee horlosies", het Suné gesê. Sy is veral bekommerd oor die bos sleutels wat weg is.

Enige iemand met inligting word gevra om Suné by 082 959 8411 te skakel.

Francois de Jongh

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...