Gansbaai Courant

Huis in brand verwoes

Huis in brand verwoes

Gansbaai Courant

 “Ek het nog sonder skoene en net met die klere wat ek aanhet gesit en wag om na my lieflingsport, krieket, op TV te kyk, maar toe ek my weer kom kry toe sit ek by die Ramsauers op hulle stoep en kyk hoe brand my huis af,” vertel Elize van der Merwe (74) van Cilliersstraat 34 (“Fyngesny”) in Franskraal. Die oorspronklike woning het aan die brand geraak terwyl Elize in die nuut-aangeboude gedeelte rustig sit en ontspan hetToe sy rook in die verbindingsgang gewaar, het die bure oorkant die straat al die brandweer geskakel en het Riaan Ramsauer oorgehardloop om haar uit die huis te kry nadat hy rook by die huis sien uitborrel het.

Die brand het verlede Woensdagmiddag, 28 Januarie 2015 ontstaan en is vermoedelik deur ‘n elektrisiteits-kortsluiting veroorsaak, maar sekerheid daaroor is nog nie verkry nie.

“Ek het my verbeel ek ruik iets, maar kon niks sien vanwaar ek gesit het nie,” vertel Elize. “Toe ek opstaan het ek die rook gewaar en na die slaapkamer en kombuisgedeelte gehardloop, maar dit was stikdonker van die rookwolke en ek het omgedraai en maar net reguit aangehou en gelukkig weer uitgekom.” Alles wat Elize besit is in die brand vernietig - elke vertrek met die volle inhoud daarin, selfs dokumente en haar handsak met kontant en ID-dokument en dies meer. Die woning se mure is ook ernstig beskadig en gekraak.

“Die versekeraar wat hier was het gesê die skade is te groot vir sy magtiging en dat ‘n paneel ondersoek sal moet kom instel om die toekoms van die woning te bepaal,” sê sy.

Elize is die weduwee van wyle advokaat Schalk van der Merwe wat in lewe en ná sy aftrede ‘n bekende in Gansbaai was. “Die hoeveelheid hulp, ondersteuning, liefde en belangstellende oproepe wat ek ontvang het, maak van my ‘n dankbare mens en ek voel ‘ryker’ as voorheen,” sê Elize.

Sy rig in opregtheid die volgende bedankings: Werner, Marie en Riaan Ramsauer, Lourens en Karin Aubrey, Hennie en Lettie Dippenaar, Cassie Carstens van Overstrand Medical Response, Ds Dirk van Dyk, Verkeersbeamptes, Brandweer, vriende, familie en selfs vreemde mense, asook haar twee dogters, Amanda Boonzaaier en Madelein van der Merwe. Op die vraag wat sy gaan doen terwyl die huis herbou gaan word, het sy gesê: “Ek gaan nou ‘n plakker in Durbanville by my dogters word!”

Hardus Botha

Huis in brand verwoes

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant