Interaktiewe Witborde vir GB Primer

Interaktiewe Witborde vir GB Primer

Gansbaai Courant

“Ons is bevoorreg en voel nou soos leiers op die gebied van die tegnologie,” het Tommy Volkwyn tydens die oorhandiging van Interaktiewe Witborde (Interactive White Boards - Smart) gesê.

Die twee borde is vir R52,000 aangekoop met fondse wat deur Jack Doyle van Chester Le Street, Engeland tydens fondsinsamelingsfunksies onder besigheidslui in Engeland ingesamel is. Onder andere is £500 by die Banks Group gekry en £500 by Kavin Maguire, wat ‘n leierjoernalis vir die Daily Mirror in Engeland is.

“Ons is oneindige dankbaarheid aan Jack en Anita verskuldig vir hul voortgesette betrokkenheid by die skool,” sê Tommy. Hy sê die personeel is reeds op 4 Februarie opgelei om die Interaktiewe Witborde te hanteer, waarna leerders ook opgelei sal word. “Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het te kenne gegee dat nuwe tegnologiese opleidingsmetodes teen 2017 in die Wes-Kaap uitgerol sal word,” sê Tommy. “Daarom voel ons nou reeds soos leiers op hierdie gebied.” Tommy beplan om voorlopig op Wiskunde, Wetenskap & Tegnologie en Tale met die witborde te fokus. Hy het vir Jack en Anita gewys waar die borde geïnstalleer is en hulle daarna na die biblioteek geneem.

“Ons is reeds in ‘n proses om die boeke wat ontvang is op ons stelsel in te sleutel,” het hy verduidelik. “Daar is egter soveel boeke dat ons beplan om groot hoeveelhede aan Gansbaai Academia en Masakhane Primary School te skenk.” Vele is al in Gansbaai Courant geskryf oor hierdie “Engelsman met die Goue Hart” vir hierdie omgewing en hy gaan steeds aan met nuwe projekte.

“I love this place, the people and what’s been done here to help poor communities,” is telkens sy antwoord op die vraag waarom hy soveel moeite doen.

Hardus Botha

Interaktiewe Witborde vir GB Primer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant