Suikerkuns vir Gansbaaiers

Suikerkuns vir Gansbaaiers

Gansbaai Courant

 “Nadat julle die eerste suikerkunsskepping gemaak het, sal die ‘gogga’ julle byt en sal julle ‘op vlerke vlieg’, want enigiets kan uit suiker gemaak word,” het Tess du Toit, kursusaanbieder vir Suikerkuns gesê.

‘n Groep dames van Gansbaai en omgewing, met een doring onder hulle, het belangstelling in hierdie kuns getoon nadat hulle ‘n vorige keer van Tess, wat in die Kaap woon, se koekversierings tydens ‘n Vrouediensoggend gesien het.

Sy het ook die “Bybelboek-koek” tydens die NG Kerk se 70ste Feesvieringe gebak en versier.

Die groepie kursusgangers (7) kon individuele aandag deurentyd geniet. Hulle is Deonora de Jongh, Roxaan Coetzee, Amanda le Roux, Anita Huysamen, Anita Botha en Judy Bothma. Die doring onder die rose was niemand anders as Gansbaai Superspar se Coenie Wessels nie - en teen die einde van die kursus het hy geensins teruggestaan met sy versierkuns nie. Tess se vriend, Jacques van Heerden, asook haar ma, Lindie du Toit het saamgekom vir ondersteuning en om na die verversings om te sien. Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop kon weens ongesteldheid nie die kursus bywoon nie, maar het die saal vir die geleentheid geborg. ‘n Volledige “kit” met allerlei benodigdhede vir hierdie vorm van kuns was ingesluit en met Gansbaai Courant se besoeke aldaar was dit die ene konsentrasie en is daar nie eers aandag aan die kameraflits geskenk nie - nee - dit was net versiersuikerblommetjies, blaartjies en wat ookal wat in tel was. Na afloop van die kursus is daar summier gevra vir ‘n opvolgkursus.

Hardus Botha

Suikerkuns vir Gansbaaiers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant