Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Die Japanse Konsulaat het ons genooi om ‘n stalletjie tydens hulle ‘National Japan Day 2015’ se vieringe in Stellenbosch te kom oprig,” vertel Servaas de Kock van KoiNet in Gansbaai. “Hulle was ons baie goedgesind en ons kon ons stalletjie met koi-visse regs langs die hoofverhoog opstel.” Na afloop van die dag se feesvieringe, het die organiseerders in die Konsulaat ‘n skrywe aan hom gestuur om hom te bedank vir die spesiale effek wat sy netjiese en interessante uitstalling op die Japanse dag gehad het. Enkele ander Suid-Afrikaanse groepe wat deelgeneem het, was “Bonsai, Ikebana, Karate, Origami, Aikido, Kenjutsu en Cosplay”. Servaas sê hy en sy personeel het gesorg dat die koi-stalletjie in Japanese styl opgerig word en hy is dankbaar vir die mooi kompliment wat hy daarvoor ontvang het. KoiNet se bedrywighede in die Industriële gebied is heel interessant en koi-liefhebbers behoort ‘n besoek aldaar interessant te vind. “Die meeste van my bestellings geskied via die internet,” vertel Servaas. Gansbaai Courant sal in ‘n latere uitgawe ‘n artikel oor hierdie pragtige visse plaas, aangesien dit blyk dat daar wel belangstelling in die omgewing daarvoor is.
Vir koi-navrae kan Servaas de Kock by 082-440-6770 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by sdk@koinet.net.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...