Gansbaai Courant

Blog: Smousarea opgradering

Published: 26 March 2015
By:Francois Myburgh

Die informele handelsterrein in die omgewing van die vierrigting stop by die industriële gebied van Gansbaai het 'n geweldige gedaanteverwisseling ondergaan. Die Munisipaliteit Overstrand het op aanbeveling van die wykskomitee (Wyk 2) 'n bedrag van R50,000.00 in die 2014/15 begroting voorsien vir die opgradering van die terrein.  Die implementering van die projek was tweeledig van aard en daar is eerstens gepoog om die verkeersveiligheid van gebruikers te verbeter en tweedens om dit meer gerieflik te maak vir gebruikers sowel as besoekers. Die projek het die installering van randstene met 'n veilige voetganger sypaadjie, die aanbring van 'n teeroppervlakte, asook die aanplant van bome behels. Die vertroue word uitgespreek dat die voltooiing van hierdie projek waarde sal toevoeg tot die ervaring wat gebruikers en besoekers aan die geriewe het.

Francois Myburgh

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...