Blindes laat trane loop

Blindes laat trane loop

Gansbaai Courant

“Ek skaam my nie om te sê dat ek trane tydens hierdie diens afgevee het nie,” het ‘n manlike gemeentelid na afloop van ‘n lofdiens deur ‘n groep blindes in die Pretoriussaal gesê. Met die NG-gemeente se gesamentlike Erediens te Blompark, is die Pretoriussaal gebruik vir ‘n diens wat deur die Instituut vir Blindes in Worcester gereël is, aan te bied. Die saal was volgepak en daar is met groot afwagting uitgesien na die blindes se optrede - en niemand is teleurgestel nie. Irene de Bod van die Instituut het die leiding geneem en onder andere agtergrondgeskiedenis oor veral die volwasse blindes se onderskeie rolle aan die gemeente oorgedra. Die groep blindes het hul staal met hul musiekinstrumente, sang en getuienisse getoon. Een van hulle het met ‘n besonderse mondfluitjie (4 aanmekaar) gespeel wat hy by Radio Jakaranda as geskenk ontvang het. Een van die blinde meisies het ‘n Psalm uit die hoof voorgedra, asook ‘n artikel “gelees” oor hoe blindes hul ervaringswêreld beleef. “Kleur is onder andere ‘n voorbeeld,” het sy gesê. “Iemand sê byvoorbeeld die see is mooi blou, maar wat is blou as ‘n mens dit nog nooit gesien het nie?” Die diens is allerweë as ‘n “eye-opener” beskou en kommentare deur gemeentelede het daarop gedui dat hulle anders dink oor hulle gesigswaardes, wat as vanselfsprekend aanvaar word. “Ons bid julle die Here se seën toe met jul werksaamhede,” het ds Kotze gesê. “Dit was wonderlik dat ons eie blindheid vandag deur blindes weggeneem is om weer opnuut die genade van God te kon ervaar.” Belangstellendes kan die instituut by 023-347-2745 kontak, of stuur ‘n e-pos aan hulle by jacbotha@blind-institute.org.za. Hulle webtuiste is www.blind-institute.org.za.

Hardus Botha

Blindes laat trane loop

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant