Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
TITEL : Goue dagbreek
OUTEUR : Bets Smith
KATEGORIE : Historiese liefdesroman
FORMAAT : Sagteband, 129 mm x 198 mm
BLADSYE : 304
ISBN : 9780799372595
PRYS : R214,95
Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer. Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie.
As Rooikruisverpleegster deurkruis sy die Boererepublieke in die ambulanstrein op soek na hom, in die hoop dat sy hom sal raakloop en van haar onskuld kan oortuig, maar toe dit wel gebeur, vertel sy oë haar hy vermoed sy gaan hom weer eens verraai.
Sy ontdek hy het Rudolf Dreyer diep weggebêre. Hy is nou Ben van den Berg, skerpskutter vir generaal Botha en soms kaptein Ben Sutherland, Kakie-offisier. Vir Catriona hou hy hom blind en doof, want Trevor Carruthers, haar pa se handlanger en regterhand is ’n immer teenwoordige faktor waarmee rekening gehou moet word.
Toe hulle paaie onverwags begin saamloop, kry sy ’n tweede kans.
Deur haar bedrywighede as spioen vir die Boeresaak stel Catriona haar lewe in gevaar en sy hoop dit sal hom van haar lojaliteit verseker. Die oorlog moet egter eers vele kronkelpaaie met hulle lewens loop voor sy hom kan oortuig dat sy enigiets vir hul liefde sal doen.
’n Ware vrou as rolmodel
Catriona se fiktiewe verhaal leef danksy die ware spioen, Johanna Van Warmelo, wat vir g’n man teruggestaan het tydens die oorlog nie.
Reeks
Onder ’n sterrehemel is die eerste boek in die tweeluik en verskyn in Januarie 2015.
Die skrywer
Bets Smith se loopbaan begin as ’n offisier in die SA Weermag se dokumentasiediens waar sy navorsing doen oor die land se weermaggeskiedenis. Ná haar troue verhuis sy platteland toe en kry later ’n pos as hoërskoolonderwyseres op Witrivier waar sy steeds na agt en twintig jaar bly.
Haar lewe lank ’n ywerige leser, veral van spanningsverhale en romanses, stuur sy in 1996 haar eerste manuskrip na JP van der Walt-uitgewers en haar eerste spanningsroman, By omdraai verby, verskyn in 1997. Sedertdien het sy al 25 boeke geskryf.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...